In die veld van kragopwekking is 'n kragopwekker (of elektriese generator) 'n toestel wat meganiese energie omskakel in elektriese energie.
Die omgekeerde omskakeling van elektriese energie na meganiese energie word deur 'n motor gedoen; elektriese motore en generatore het verskeie ooreenkomste. 'n Generator forseer elektrone in die spoel om deur 'n eksterne elektriese stroombaan te vloei. Dit stem in 'n sekere mate ooreen met 'n waterpomp, wat watervloei genereer, maar nie die water self skep nie. Die bron van meganiese energie kan 'n suier- of turbine stoomenjin, vallende water deur 'n turbine of waterwiel, binnebrandmotor, 'n windturbine, 'n handslinger, saamgeperste lug, of enige ander bron van meganiese energie wees.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kragopwekker, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.