Elbroes

Elbroes (Russies: Эльбрус; Karatsjai-Balkaries: Минги тау, Mingi Taw) is die hoogste en prominentste berg in Rusland en Europa.

    Moenie verwar word met Elboers nie.

Dit is in die westelike deel van die Kaukasus geleë en is dié gebergte se hoogste piek. Die rustende vulkaan styg 5 642 m bo die seevlak uit. Dit is die hoogste stratovulkaan in Eurasië en die 10de hoogste kruin ter wêreld.

Elbroes
Die twee pieke van Elbroes. Die twee pieke van Elbroes.
Ligging Rusland
Hoogte 5 642 meter bo seevlak
Reeks Kaukasus
Koördinate 43°21′9″N 42°26′16″O / 43.35250°N 42.43778°O / 43.35250; 42.43778 42°26′16″O / 43.35250°N 42.43778°O / 43.35250; 42.43778
Bergtipe Rustende stratovulkaan
Laaste uitbarsting 50 ± 50 jaar
Eerste bestyging 1874
Eerste bestyger(s) Frederick Gardiner, Florence Crauford Grove, Horace Walker, Peter Knubel
Maklikste roete Hoë toer van Prijut 11
Ligging van Elbroes op 'n kaart (Kabardino-Balkarië)
Elbroes
Elbroes
Elbroes se ligging in Kabardino-Balkarië, noord van Georgië

Elbroes word soms as die hoogste berg in Europa beskou en is dus een van die Vulkaniese Sewe Kruine. Volgens die algemene definisie van die grens tussen Europa en Asië is Mont Blanc in die Alpe met 4 810 m die hoogste berg in Europa.

Die berg lê in Suid-Rusland, in die Russiese republiek Kabardino-Balkarië, aan die grens met Georgië. Dit het twee kruine, wat albei rustende vulkaankoepels is. Die hoogste een van die twee, die westelike kruin, is 5 642 m hoog, terwyl die oostelike kruin 5 621 m hoog is.

Elbroes
'n Nasa-satellietbeeld van Elbroes.

Etimologie

Die naam "Elbroes" kom van die Avestiese Harā Bərəzaitī, die naam van 'n legendariese berg in die Iranese mitologie. Dit weerspieël die Proto-Iranese *Harā Bṛzatī, wat in Middelpersies Harborz en moderne Persies Alborz geword het, wat verwant is aan die naam van Elboers, die hoogste bergpiek van Iran..

Bṛzatī is die vroulike vorm van die adjektief *bṛzant ("hoog"), die gerekonstrueerde voorloper van die moderne Ossetiese bærzond ("hoog", "piek"), moderne Persiese barz ("hoog"), berāzande ("elegant") en boland ("hoog"), en moderne Koerdiese barz ("hoog"). Harā kan vertolk word as "wagter", van die Indo-Europese *ser ("beskerm"). Die naam Mingi Taw, wat in Karatsjai-Balkaries gebruik word, beteken "Ewige Berg" in Turks.

Geografie

Ligging

Elbroes is in die noorweste van die Kaukasus geleë, 100 km van die Swartsee en 370 km van die Kaspiese See, van waar dit op 'n besonder helder dag gesien kan word.

Elbroes 
'n Satellietbeeld van die Wes-Kaukasus. Die wit riwwe dui die waterskeiding aan. Elbroes is die wit kol noord daarvan.

Dit is 5 642 m hoog en is die hoogste punt op die Kaukasus. Dit lê 11 km noord van die Groter Kaukasiese Waterskeiding, wat die grens tussen Rusland en Georgië is, en word deur twee Russiese republieke gedeel, Kabardino-Balkarië en Karatsjai-Tsjerkessië.

Elbroes is 65 km suidwes van die stad Kislowodsk en 80 km wessuidwes van Naltsjik.

Topografie

Elbroes is 'n feitlik simmetriese, rustende vulkaan met twee pieke, die westelike piek van 5 642 m bo die seevlak en die oostelike piek van 5 621 m. Die krater van 300-400 m breed boaan die oostelike piek is geleidelik met sneeu en ys gevul. Die sneeuvelde van die vulkaan, wat 'n gebied van 138 km2 dek, voed 22 (sommige bronne sê 23) hoofgletsers en 77 sekondêre gletsers wat die riviere Koeban en Malka laat ontstaan het.

Sommige van dié gletsers, wat sedert die 1930's deur wetenskaplikes bestudeer word, kan tot 400 m dik word, maar word almal nou dunner.

Elbroes 
'n 3D-beeld van Elbroes.

Geologie

Die Kaukasus is gevorm deur die noordwaartse botsing van die Arabiese Plaat teen die Eurasiese Plaat, wat verskeie aardbewings in die streek veroorsaak het. Omdat 'n subduksiesone nie ontstaan het nie, is vulkane skaars in die bergreeks. Elbroes is dus 'n uitsondering.

Elbroes het 10 miljoen jaar gelede begin vorm. Die ejekta van die vulkaan dek 'n gebied van 260 km2. Hoewel die berg rustend is, ontsnap ligte rook soms van die oostelike flank, op die vlak van die antieke lawavloei van 24 km lank, en warmbronne ontstaan aan die hange van die berg.

Klimaat

Omdat Elbroes in die Noordelike Halfrond lê, duur die somer van Junie tot middel September, met 'n gemiddelde van 50% van sonnige dae waarop die kruin geklim kan word. Die winde, veral uit die weste, kan uiters woes word en die temperatuur daal baie vinnig. Hoër as 4 000 m bo die seevlak kan arktiese sneeustorms met byna zero-sigbaarheid selfs in die somer ontwikkel. Die wind kan sterker as 100 km/h waai. In die winter kan die temperatuur op die kruin tot onder -50 °C daal, terwyl warm, droë winde in die valleie swaar sneeu kan veroorsaak.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Elbroes  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Elbroes EtimologieElbroes GeografieElbroes VerwysingsElbroes Eksterne skakelsElbroesBergEurasiëEuropaKaratsjai-BalkariesKaukasusRuslandRussiesStratovulkaanVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lionel PetersonWiskundeLetterlike en figuurlike taalgebruikSuid-EuropaPoesHarry PotterDundermAborsie in Suid-AfrikaVaginale kankerChristendomSwangerskap7de LaanJo BlackSowjetunieInsekHamburgerGloeilampSonnestelselKondensasieLys van landeEkotoerismeVoorvoegselMiddeloorontstekingDemokratiese Republiek die KongoAardedagMeervoudJansenvilleRugbyKlem-in-die-kaakDonkieKeramiekProstaatkankerWerkersdagBelgiëGriepOrthopteraJohannes HahnAkuutWaterkringloopKrieketVerantwoordelikheidVigsEkologieHernubare energiePaasfeesMartin Luther King jr.Groot vyfKunsTeam Fortress 2LongontstekingBraaiJavaScriptLys van Griekse mitologiese figureSonkragFrederik Willem de KlerkMusieksimboleKrugerwildtuinTermietShakaMiteSteenkool in Suid-AfrikaHerfsVarkHolocaustEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaFamilie (verwantskap)Rudi ClaaseKonflik (proses)BrandmondsindroomChristiaan BarnardGroot GatMonopolieSatellietPropagandaAkroniem🡆 More