Die koraalslangagtiges (Elapidae) is 'n familie van slange.
Die familie omvat ongeveer 350 spesies wat sonder uitsondering almal giftig is. Hulle kom in tropiese en subtropiese gebiede oor die wêreld voor, en word selfs in die Indiese en Stille Oseaan aangetref. Een van hulle kenmerke is die hol, vaste slagtande waardeur hulle gif spuit. Van die slange is so kort as 18 cm (Drysdalia), maar ander (soos die koningkobra) kan tot 6 meter lank word.
Elapidae | |
---|---|
'n Egiptiese kobra | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | Alethinophidia |
Familie: | Elapidae F. Boie, 1827 |
Subfamilie: | Elapinae Hydrophiinae |
Seeslange is aanvanklik as 'n aparte familie beskou (Hydrophiidae), maar tans word die groep as 'n subfamilie van die koraalslangagtiges beskou.
Die koraalslangagtiges word in twee subfamilies en tientalle genera ingedeel:
Familie koraalslangaftiges (Elapidae)
Subfamilie seeslange (Hydrophiinae)
Subfamilie Elapinae
Wiki Commons bevat media in verband met Elapidae. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Koraalslangagtiges, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.