Elam

Elam was ’n antieke beskawing wat gesentreer was in die verre weste en suidweste van wat nou Iran is; dit het gestrek van die laelande van die moderne Khuzestan en Ilam, en het ook ’n klein deel van Suid-Irak beslaan.

Die moderne naam "Elam" kom van die Sumeriese transliterasie elam(a), die latere Akkadiese elamtu en die Elamitiese haltamti. Elamitiese state was van die leidende politieke magte van die antieke Nabye Ooste. In die klassieke letterkunde was Elam ook bekend as Susiana, wat afgelei is van die hoofstad, Susa.

Elam

(Susiana)
Nedersetting
Elam
Koördinate: 29°54′N 52°24′O / 29.9°N 52.4°O / 29.9; 52.4
Datum3200-539 v.C.

Geskiedenis

Elam was deel van die vroeë verstedeliking tydens die Kopertydperk. Die ontstaan van geskrewe rekords vanaf omstreeks 3000 v.C. loop ook parallel met die Sumeriese geskiedenis, waar effens ouer rekords ontdek is.

Tydens die Ou Elamitiese tydperk (die Middel-Bronstydperk) het Elam bestaan uit koninkryke op die Iranse Plato; dit was gesentreer in Anshan, en van die middel 2de millennium v.C. af in Susa in die Khuzestan-laelande. Sy kultuur het ’n lewensbelangrike rol gespeel tydens die Eerste Persiese Ryk wat op Elam gevolg het, toe Elamities een van die amptelike tale gebly het. Elamities word gewoonlik beskou as ’n geïsoleerde taal wat nie verwant was aan die Persiese en Iranse tale van heelwat later nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AkkadiëIrakIranNabye OosteSumerSusa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Dissipel vir wie Jesus baie lief wasLetterlike en figuurlike taalgebruikStuitjieEuropese Suidelike SterrewagLika BerningAfrikaSolidariteitVoortrekkermonumentKangaroeBTWNierJeugdagIdioomHeupDonker materieGesinsdagNamibiëAppelblaarNederlandsOntbinding van die SowjetunieVerkleurmannetjieYouTubeWayback MachineSeksKalenderKewerKarlien van JaarsveldOpgestopte speelgoedMuskeljaatkatWaldimar PelserPieter BiewengaDachshundSwitserlandBreinJudaïsmeKoos BekkerXhosaLugbesoedelingMeksikoHemelvaartsdagByeboerderyDiplopodaInsekKwaZulu-NatalVerkoueW3CWaverNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweWikimaniaKunsmatige intelligensieSixtynse kapelTeologieJeuksiektePiet ByleveldOrganometaalchemieSuid-Afrikaanse WeermagLys van ingelyfde NG gemeentesDerrickKoggelmanderHannes van WykPuberteitKrampIndustriële RevolusieAppel (sanger)KompasWaterhertGeslagsorgaanTuisblad🡆 More