Eksokomeet

’n Eksokomeet is ’n komeet wat buite ons Sonnestelsel voorkom – dit sluit in interstellêre komete en komete om ander sterre as die Son.

Die eerste eksokomeet wat ontdek is, was in 1987 om Beta Pictoris, ’n baie jong tipe A V-ster. Altesaam 10 sulke eksokomeetstelsels is sedertdien waargeneem.

Eksokomeet
Eksokomete en verskeie planeetformasies om Beta Pictoris, ’n baie jong tipe A V-ster. (Konsep: Nasa-kunstenaar)

Sterrekundiges het die McDonald-sterrewag in Texas se teleskoop van 2,1 meter gebruik om die laaste ses eksokomeetstelsels waar te neem. Dowwe absorpsielyne het van nag tot nag verskil en daarop gedui dat dit veroorsaak word deur "groot wolke gas wat ontstaan wanneer komete nader aan hul ster beweeg en warmer word". Al die stelsels wat onlangs ontdek is – "49 Ceti (HD 9672)", "5 Vulpeculae (HD 182919)", "2 Andromedae", "HD 21620", "HD 42111" en "HD 110411" – is om baie jong tipe A-sterre.

Eksokomete word beskou as ’n belangrike skakel om planeetformasie te verstaan, volgens navorsers. Die sterrekundige Barry Welsh beskryf die skakel soos volg: "Interstellêre stof vorm klonte onder die invloed van swaartekrag, en die klonte word rotse; die rotse smelt saam en word groter goed – planetesimale en komete – en eindelik kry jy planete."

’n Gaswolk om Ceti 49 word toegeskryf aan ’n botsing van komete in dié sonnestelsel.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1987Interstellêre mediumKomeetSonSonnestelselSterSterreklassifikasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

FilistyneKatoenGriekwa-AfrikaansMaroela MediaSmaakAntoniemKunsSenuweestelselWêreld- Ekonomiese ForumAborsie in Suid-AfrikaPresident van Suid-AfrikaAanpassingskapasiteitCholeraHartSuid-Afrikaanse randApostoliese GeloofsbelydenisGrondbesoedelingDiarreeVars waterSpeelkaartCovid-19-pandemieAborsieJavaScriptIngenieursweseSonMonopolieSnaarinstrumentBeaufortskaalKlimaatveranderingMensGroot vyfYstertydperkVerkleinwoordKlavierWitbloedselBeeldspraakVerkragtingNierWhatsAppOmgewingsbeheerEjakulasieWright-broersMaatskaplike verantwoordelikheidMartin Luther King jr.Lys van Afrikaanse skrywersStereotipeTermiese geleidingsvermoëWikimedia-stigtingPersoonlikheidWatersuiweringSokkerWiki CommonsHolocaustTafelbergSomerDrie-eenheidSoweto-opstandMuishondMassaPerdebyeWaatlemoenInflasieSuid-AfrikaTweede WêreldoorlogAfrikanersKrygkorOm-te-infinitiefkonstruksieVoornaamwoordKonsonantFeminismeAnrich HerbstTropiese sikloonBiodiversiteit🡆 More