Die essenhout (Ekebergia capensis) of esseboom is 'n immergroen tot halfbladwisselende boom in die mahonie-familie wat wydverspreid in die sub-Sahara voorkom.
Dit groei tot 20 meter hoog en word in Suid-Afrika in kus- en bergwoude van Knysna af deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga en Limpopo aangetref. Die boom se FSA-nommer is 298.
Essenhout | |
---|---|
E. capensis f. meyeri in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin, Pretoria | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Meliaceae |
Genus: | Ekebergia |
Spesie: | E. capensis |
Binomiale naam | |
Ekebergia capensis Sparrm., (1779) | |
Sinonieme | |
|
In Suid-Afrika is die boom inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. In die res van Afrika is die boom inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, die Caprivistrook in Namibië, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Die boom word baie groot en die blare is groot, saamgesteld en groen. Elkeen bestaan uit drie tot vyf pare blaartjies en 'n enkele eindblaar. Die vrug is ongeveer 1.5 cm in deursnee en bevat tot vier sade. In Engels staan die boom bekend as die Cape ash of Dogplum. Die spesie word nie bedreig nie en geniet ook nie amptelike beskerming nie. Die boom word algemeen as straatversiering aangeplant.
Dit is 'n gasheerplant vir die skoenlapper Charaxes brutus natalensis
Die spesie is in die Essenbosch 33°57′26″S 24°24′53″O / 33.95722°S 24.41472°O naby die huidige Kareedouw deur Sweedse natuurkundiges ontdek. Thunberg se reisverslae van 19 November 1772 en 20 November 1773 meld onderskeidelik:
In Sparrman se Kaapse reisverslag van November 1775 beskryf hy die trekskof deur die Langkloof na Tsitsikamma en die Seekoeirivier, waarin hy meld:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Essenhout, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.