Die Eiland-Keltiese Tale is volgens een vorm van klassifikasie een van die hooftakke van die Keltiese tale.
Die ses hedendaagse Keltiese tale is almal Eiland-Keltiese tale en kan verdeel word in:
Eiland-Keltiese Tale | ||||
---|---|---|---|---|
Geografiese verspreiding: | Wallis Cornwall Bretagne Ierland Skotland Man (eiland) | |||
Genetiese klassifikasie: | Indo-Europees Kelties Eiland-Keltiese Tale | |||
Onderafdelings: | ||||
Verspreiding van Eiland-Keltiese tale:
|
Die term "Eiland-Kelties" verwys na die oorsprong van die tale in die Britse Eilande teenoor die nou uitgestorwe Vasteland-Keltiese tale wat op die Europese vasteland gepraat is en in Anatolië. Daar bestaan 'n teorie dat die Britoniese en Goideliese tale saam in die eilande ontwikkel het en dat dit 'n gemene voorouer het wat jonger is as enige wat gedeel word met Vasteland-Keltiese tale soos onder andere Keltiberies, Gallies, Galaties en Leponties, wat nou almal reeds lankal uitgestorwe is. Let daarop dat hoewel Bretons vandag op die Europese vasteland gepraat word dit deur immigrante uit Brittanje na die weste van Frankryk gebring is en nie daar ontstaan het nie.
Voorstanders van die Eiland-Kelties hipotese wys op die gedeelde innovasies van Eiland-Keltiese tale, insluitend inflected prepositions, gedeelde gebruik van sekere werkwoord particles en Werkwoord-Onderwerp-Voorwerp, woordvolgorde. Hulle stel dat 'n verdeling wat die Britoniese tale en Gallies (P-Kelties) aan een kant plaas, en die Goideliese tale saam met Keltiberies (Q-Kelties) aan die anderkant 'n oppervlakkige verdeling is (i.e. gegrond op 'n feneomeen te wyte aan taalkontak), aangesien die klankverskuiwing (Q na P) onafhanklik in die voorlopers van Gallies en Brithonies kon plaasgevind het.
Die familieboom van Eiland-Kelties is dus as volg:
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Kelties | ||
---|---|---|
Eiland-Keltiese tale | ||
Goidelies: | Iers-Gaelies | Skots-Gaelies (Skotland • Kanada) | Manx-Gaelies | Galweegse-Gaelies † | |
Britonies: | Wallies | Kornies | Bretons | Cumbries † | Piekties † | |
Vasteland-Keltiese tale | ||
Vasteland-Keltiese tale: | Gallies †: | Leponties † | Galaties † Keltiberies † | |
Gemengde Tale | ||
Gemengde Tale: | Shelta | Bungee † | |
† Uitgestorwe |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eiland-Keltiese tale, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.