Eiffeltoring

Die Eiffeltoring (Frans: Tour Eiffel luister (hulp·inligting)) is die bekendste baken van die Franse hoofstad Parys.

Die toring, wat van yster gemaak is, is deur die Franse ingenieur Alexandre Gustave Eiffel (1832–1923) beplan en ná 'n boutyd van twee jaar, twee maande en vyf dae op 31 Maart 1889 voltooi en ter geleentheid van die Paryse Wêreldtentoonstelling en die eeufees van die Franse Rewolusie op 15 Mei 1889 ingewy.

Eiffeltoring
Alexandre Gustave Eiffel
Eiffeltoring
Die Eiffeltoring
Eiffeltoring
Die Eiffeltoring se eerste verdieping, soos gesien van benede
Eiffeltoring
Die uitsig vanuit die tweede verdieping na bo
Eiffeltoring
Die uitsigplatform op die tweede verdieping
Eiffeltoring
'n Uitsig oor die uitsigplatform
Eiffeltoring
'n Teleskoop op die uitsigplatform
Eiffeltoring

Oorspronklik is beplan om die toring binne 'n tydperk van twintig jaar ná sy voltooiing weer af te breek. Dit het egter nie net gaandeweg 'n Paryse baken en toeriste-aantreklikheid geword nie, maar ook belangrike ekonomiese en tegniese funksies vervul, onder meer as reusetelegraafpaal. Tans word radio- en digitale terrestriële televisieprogramme vanuit die toring uitgesaai.

Die toring is 300,5 meter hoog (met sy antenne 320,8 meter) en dien vandag as uitsigpunt en uitsaaitoring. Daar is hysbakke wat 'n voortreflike uitsig oor die stad bied, en in goeie weersomstandighede kan 'n mens sowat 70 kilometer ver sien. Waagmoediges kan met die 1 652 trappies op na die boonste platform stap. As Parys se hoogste struktuur oorheers die Eiffeltoring steeds die stadsbeeld en is met jaarliks sewe miljoen besoekers een van die mees besoekte monumente op aarde. Die toring is een van die bekendste ikone van moderne bou- en ingenieurskuns en word sedert 1964 as monument historique beskerm. In 1986 het die American Society of Civil Engineers die toring ingesluit in sy lys van historiese mylpale van ingenieursboukuns.

Die toring huisves 'n poskantoor, 'n rolprentteater wat met sy films die geskiedenis van die Eiffeltoring behandel en, op die tweede verdieping, die bekende restaurant Jules Verne. Dit is so gewild dat besprekings weke vooraf gemaak moet word.

Net soos die Washington-gedenksteen in Washington, D.C. is die Eiffeltoring ook 'n obelisk, wat trouens net baie goed vermom is.

Verwysings

Eksterne skakels

    Onderhoud

2°17′39″O / 48.85833°N 2.29417°O / 48.85833; 2.29417

Tags:

Alexandre Gustave EiffelFr-Tour Eiffel.ogaFrankrykFransFranse RewolusieLêer:Fr-Tour Eiffel.ogaParysToringWikipedia:MediahulpWêreldtentoonstellingYster

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot vyfLien se lankstaanskoeneBreinSlawernyNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOrale seksTienerWoestynVulkaanKolonialismeSout (chemiese stof)Afrikaanse woordelys en spelreëlsRenaissanceMateriaalAtoomTaalfossielPseudowetenskapKweekhuiseffekGeelsugMuishondSteve BikoRivierLys van Suid-Afrikaanse skrywersRenosterBeaufortskaalWêreld- Ekonomiese ForumPoesWebjoernaalVerkleurmannetjieLWaarheid-en-versoeningskommissieAfro-AmerikanersOrthopteraJohannes MeintjesGroot Muur van ChinaMassaNederduitsch Hervormde KerkTekstielNG gemeente JansenvilleWetenskaplike klassifikasieOrrelGoudkus (streek)CalviniaKaliumMusieksimboleBeurtkragMasturbasieKweekhuisgasWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaWitbloedselRassisme in AfrikaVergelykings (taalkunde)OogproblemeKrugerwildtuinSlangReg tot ‘n gesonde omgewingWeeluisLys van elemente volgens simboolBiologieSekondêre sektor van die ekonomieDemi Lee MooreHemelvaartsdagLyfstraf in skoleWikipediaPretoriaWekkerKankerArmoedeverligtingSteenkool in Suid-AfrikaPersentasieBewaringstatusPlastiekKultuurAkroniemJohannesburgLiesbreukCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLionel Peterson🡆 More