Eierstoel

Die eierstoel is in 1958 deur Arne Jacobsen vir die Radisson SAS- hotel in Kopenhagen, Denemarke, ontwerp.

Dit word deur Republic of Fritz Hansen vervaardig. Die stoel het 'n staalraamwerk, en word met materiaal of leer gestoffeer. Die stoel is volgens die Modernisme-styl ontwerp.

Eierstoel
Eierstoel, in 1958 ontwerp deur Arne Jacobsen

Die eierstoel is volgens die tipiese Jacobsen-styl, in toonaangewende materiale van die tydperk, ontwerp.

Die stoel is vermoedelik deur Eero Saarinen se "Womb-stoel" geïnspireer, vanwaar dit 'n paar eienskappe ontleen het.

Die eierstoel is aan die swaanstoel, en tot 'n sekere mate ook aan verskeie van Jacobsen se laaghoutstoele soos die "7", die mierstoel, die sigaarstoel, die Grand Prix-stoel, die potstoel, die druppelstoel en die kameelperdstoel, verwant.

Die eierstoel (soos die swaanstoel) is ook as 'n bank-weergawe ontwerp. Terwyl die swaanbank nog in produksie is, is daar nog net 'n handvol eierrusbanke gemaak. 'n Paar is vir die Radisson Hotel gemaak, en 'n paar jaar gelede is 'n aantal as 'n "spesiale uitgawe" gemaak. Die prys was redelik hoog — ongeveer 400 000 DKK, wat gelykstaande is aan ongeveer VS$ 75 000.

Die beperkte produksie van die eierbank, behalwe vir die behoefte aan eksklusiwiteit, is te wyte aan 'n ontwerpfout. Die bank is te groot om met twee hele koeihuide te bedek - dit was wel moontlik met die eierstoel. Die gebruik van meer as een huid het 'n baie sigbare stiksel in die middel van die bank tot gevolg. Hierdie probleem kan egter opgelos word deur van materiaalstoffering eerder as leer gebruik te maak.

Volgens 'n artikel in The New York Times, is die eierstoel ook deur McDonald's, as deel van 'n hoë-konsep herontwerp van een van sy restaurante in Londen, gebruik. Verder word die eierstoel ook in 'n McDonald's-restaurant in Nørrebrogade, Kopenhagen, saam met ander meubels van Arne Jacobsen, hoewel sommige nabootsings is, gebruik.

Die eierstoel is in die eerste Britse 'Big Brother'-reeks in die sogenaamde dagboekkamer gebruik.

Die eierstoel word in die vertreksale van die nuut opgeknapte terminaal 2 op die San Francisco Internasionale Lughawe gebruik.

Daar is deesdae honderde verskillende soorte eierstoele, en hangende eierstoele, wat deur Arne Jacobsen se ontwerp geïnspireer is.

Sien ook

  • Deens modern
  • Lys van Deense meubelontwerpers
  • Lys van stoele

Verwysings

Eksterne skakels


Tags:

DenemarkeKopenhagen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwemWoordeboek van die Afrikaanse TaalArmoedeverligtingJanie du PlessisRugbyFosforAardedagLugbesoedelingTweede Nuwe JaarNic de JagerLys van Kaapstad se voorstedeSteenkoolAfrikaanse taalleerDeelstate van die Verenigde State van AmerikaApostoliese GeloofsbelydenisSkisofrenieVingerseksBloedsomloopstelselPoësieSuikerbekkiesProsaVerdampingWiki CommonsLionel PetersonOlifantWerkwoordIgtiologiePornografieStaalEvangelies Gereformeerde KerkHibernasieHenry MurrayKomplementêre kleureValentynsdagNedersettingOmtrek, oppervlakte en volumeMagnesiumGraatjiemeerkatDigvormWaterstofTradisionele literatuurAtlantiese OseaanRieldansKoperStilleweMenslike skeletOutismeWoestynVoegwoordAfrikaanse Protestantse KerkRenaissanceIronieOos-KaapAardverwarmingLieweheersbesieKhoikhoiTsoenamiMagda van BiljonJames AlexanderSkildklierOvulasieAnale seksLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameOseaanbesoedelingLys van chemiese elemente volgens atoomgetalCSSTelefoonVermontInflasieRenteJohan BadenhorstGroot Trek🡆 More