Egiptiese Arabies: Egiptiese dialek van Arabies

Egiptiese Arabies is die taal wat die meeste hedendaagse Egiptenare praat.

Dit is plaaslik bekend as die Egiptiese omgangstaal of Egiptiese dialek.

Egiptiese Arabies
اللغة المصرية العامية
Gepraat in: Vlag van Egipte Egipte
Totale sprekers: 55 miljoen (moedertaal)
32 miljoen (tweede taal)
Taalfamilie: Afro-Asiaties
 Semities
  Wes-Semities
   Arabies
    Egiptiese Arabies 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: arz
ISO 639-3: arz 
Verspreiding van Egiptiese Arabies

Geskiedenis

Egiptiese Arabies is ’n variant van Arabies, wat lid is van die Semitiese tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie. Dit het in die Nyldelta van Benede-Egipte ontwikkel rondom die Egiptiese hoofstad, Kaïro. Dit stam af van die gesproke Arabies wat in die 7de eeu na Egipte gebring is met die Moslemse verowering van die land. Die ontwikkeling daarvan is beïnvloed deur die inheemse Kopties van Antieke Egipte, en later deur ander tale soos Ottomaanse Turks, Italiaans, Frans en Engels. Die 80 miljoen Egiptenare praat verskeie dialekte, waarvan Kaïrees die belangrikste is. Dit word in al die Arabiessprekende lande verstaan danksy die groot teenwoordigheid van die Egiptiese media.

Hoewel dit hoofsaaklik ’n spreektaal is, word dit ook in geskrewe vorm aangetref in romans, gedigte, advertensies, sommige tydskrifte en die transkripsie van gewilde liedjies. Dit word feitlik uitsluitlik in die Arabiese alfabet geskryf. Soms word die Latynse alfabet gebruik, soos op die internet of in SMS'e.

In die meeste ander media word Standaardarabies gebruik, wat op die Koran geskoei is.

Geografiese verspreiding

Egiptiese Arabies word in Egipte deur 54 miljoen mense as eerste taal gepraat en deur die meeste van die ander 32 miljoen Egiptenare as tweede taal. Verskeie dialekte kom voor, ook in Egiptiese gemeenskappe in die Midde-Ooste, Europa, Noord-Amerika, Australië en Suidoos-Asië. Die Kaïrese dialek is die enigste een wat algemeen in ander Arabiessprekende lande gebruik word danksy die gewildheid van Egiptiese rolprente in die streek sedert die vroeë 20ste eeu, asook die groot getal Egiptiese onderwysers en professore wat instrumenteel was in die vestiging van opvoedingstelsels in verskeie lande op die Arabiese Skiereiland en wat daar en in ander lande soos Algerië en Libië klas gegee het.

Status

Egiptiese Arabies het geen amptelike status nie en word nie amptelik as ’n taal erken nie. Egipte se amptelike taal is Standaardarabies, ’n moderne vorm van die Klassieke Arabies van die Koran. Belangstelling in die plaaslike taal het in die 1800's begin en verskeie dekades lank is kwessies oor die hervorming en modernisering van Arabies bespreek. Voorstelle het gewissel van die ontwikkeling van neologismes tot die vervanging van argaïese terminologie en die vereenvoudiging van sintaktiese en morfologiese reëls.

Vir ’n ruk het Egiptiese Arabies ’n oplewing beleef, maar daar was ’n ommekeer met die opkoms van Arabiese nasionalisme in die jare daarna. Egiptiese Arabies is toe geïdentifiseer as ’n dialek wat nie universeel in Egipte gepraat word nie, met die grootste deel van Bo-Egipte wat die Saïdiese dialek van Arabies praat.

Dit word verder geknou deur die feit dat die Egiptiese media regdeur die Arabiese wêreld uitgesaai en versprei word en dus Standaardarabies gebruik.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Egiptiese Arabies: Geskiedenis, Geografiese verspreiding, Status 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Egiptiese Arabies

Tags:

Egiptiese Arabies GeskiedenisEgiptiese Arabies Geografiese verspreidingEgiptiese Arabies StatusEgiptiese Arabies Sien ookEgiptiese Arabies VerwysingsEgiptiese Arabies Eksterne skakelsEgiptiese ArabiesEgipteTaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeelsugTussenwerpselTuisbladAnale seksRumatiekSilwerGeweldKondensasieMaroela MediaSuurstofAppelMieliestronkDemografie van Suid-AfrikaE-posFotosinteseMenslike skeletDesimale breukeTekstielRassismeSkarlakenkoorsVulvaBeesagtigesSharpeville-slagtingAardverwarmingDiskriminasieFaktuurLieweheersbesieKalsiumYstertydperkAkkedisPieter PieterseErfenisdag (Suid-Afrika)VerkleinwoordOm-te-infinitiefkonstruksieEkonomieAkademiaNieu-SeelandReënspinnekop7de LaanLiefdeSeksueel oordraagbare infeksieWaterLoftus MaraisParysSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024OntwerpEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaAnneli van RooyenGoudCorioliskragDuitsAnilingusHomoseksualiteitAntjie KrogMahatma GandhiGeografie van Suid-AfrikaFranse RewolusieHulpwerkwoordKontrasNiersteenGroot GatKameelPolisieKoolstofNierversakingCheslin KolbeInternetKlem-in-die-kaakWoudLys van landeInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAppel (sanger)Slag van Cuito CuanavaleBuffelSkildklier🡆 More