’n Eetsteuring is ’n geestesteuring wat lei tot ’n afwyking van die normale eetgedrag wat pas by ’n sekere ouderdom, geslag of ander kriterium.
Dit kan in uiting kom in die hoeveelheid voedsel wat iemand inneem (te veel of te min), die opbring van kos om beheer oor ’n persoon se gewig uit te oefen, die weiering van kos ens.
Eetsteuring | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | F50 | |
ICD-9 | 307.5 | |
MeSH | D001068 | |
Mediese waarskuwing |
In die Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings word drie eetsteurings beskryf:
Nog ’n steuring wat nie vermeld word nie, maar ondersoek word, is orthorexia nervosa: ’n obsessie met die gesondheidswaarde van kos.
Hoewel eens geglo is dit is ’n toestand onder vroue (van wie sowat 5–10 miljoen net in Brittanje geraak word), kom dit ook by mans voor. Sowat 10-15% van mense met ’n eetsteuring is mans (sowat 1 miljoen mans in Brittanje).
Die presiese oorsaak van eetsteurings is nie bekend nie, maar daar is getuienis dat dit verbind kan word met ander mediese toestande en situasies. Kulture waar ’n skraal liggaam en jeugdigheid geïdealiseer word, het bygedra tot die voorkoms van die steurings. ’n Studie het getoon meisies met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring het ’n groter kans om ’n eetsteuring te hê as ander meisies. In ’n ander studie is bevind vroue met posttraumatiese stressteuring is meer geneig om anoreksie te hê, veral wanneer die trauma met seks verband hou. Baie mense glo groepsdruk en die geïdealiseerde liggaamstipes wat in die media uitgebeeld word, speel ’n beduidende rol. Sommige studies het ook bevind daar kan genetiese redes wees vir eetsteurings, of dat dit dikwels verbind kan word met angs- en persoonlikheidsteurings.
Eetsteurings kan tragiese gevolge hê, onder meer die dood.
Verskeie behandelings word toegepas na gelang van die soort en graad van die eetsteuring, en meer as een behandeling word gewoonlik saam gebruik. Daar is egter geen goeie getuienis dat behandeling en bestuur ’n positiewe uitwerking het nie. Gesinsdokters speel ’n belangrike rol in vroeë behandeling, omdat mense met ’n eetsteuring traag is om ’n psigiater te spreek en baie sal afhang in die vestiging van ’n goeie verhouding met die pasiënt en familie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eetsteuring, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.