Die Eenhoring (Latyn: Monoceros) is ’n dowwe sterrebeeld op die hemelewenaar.
Die naam kom uit die Griekse mitologie en die skepping daarvan word toegeskryf aan die 17de-eeuse Nederlandse kartograaf Petrus Plancius.
Eenhoring | ||||
Latynse naam | Monoceros | |||
Genitief | Monocerotis | |||
Afkorting | Mon | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 7,15h | |||
Deklinasie | −5,74º | |||
Grootte | 482 vk. grade (35ste) | |||
Kwadrant | NQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Beta Monocerotis | |||
Naaste ster | Ross 614 | |||
Sterre helderder as 3 m | 0 | |||
Sterre met planete | 16 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 32 | |||
Simboliek | Europese folklore | |||
Meteoorreëns | December Monocerids, Alpha Monocerids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Groot Hond, Klein Hond, Tweeling, Noordelike Waterslang, Haas, Jagter, Afterdek | ||||
|
Die Eenhoring kan nie maklik met die blote oog gesien word nie omdat dit nie helder sterre bevat nie. Alpha Monocerotis het ’n helderheid van 3,93 mag en is effens helderder as Gamma Monocerotis (3,98 mag). Met ’n klein teleskoop kan ’n paar interessante voorwerpe wel gesien word. Beta Monocerotis is ’n indrukwekkende driedubbele ster wat ’n driehoek vorm. Hul helderheid is 4,7, 5,2 en 6,1 mag. William Herschel het dit in 1781 ontdek en dit "een van die mooiste tonele in die lug" beskryf. Epsilon Monocerotis is ’n dubbelster met ’n helderheid van 4,5 en 6,5 mag.
V838 Monocerotis, ’n veranderlike rooi superreusester, het op 6 Januarie 2002 ’n uitbarsting gehad; in Februarie van daardie jaar het sy helderheid in een dag met ’n faktor van 10 000 toegeneem. Daarna het die Hubble-ruimteteleskoop ’n lig-eggo waargeneem wat die stof om die ster verlig het. Die sterrebeeld bevat ook Plaskett se Ster, ’n massiewe dubbelster met ’n massa van sowat 100 sonmassas.
Die Eenhoring bevat twee planete: COROT-7b en COROT-7c. Eersgenoemde het ’n deursnee van 1,58 keer dié van die Aarde. Albei planete is in 2009 ontdek.
Die sterrebeeld het verskeie sterreswerms en newels, onder meer:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Eenhoring (sterrebeeld), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.