Getal 1: Natuurlike getal

Syfers: 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

    Hierdie artikel handel oor die getal 1, vir ander gebruike, sien 1 (dubbelsinnig).
1 (getal) – 1
Orde eerste

10 20 30 40 50 60 70 80 90

1 (een) is 'n natuurlike getal wat ná nul en vóór twee op die getallelyn lê. Een verteenwoordig 'n enkele item. 'n Mens het gewoonlik één hoof, neus, mond en naeltjie. Die Romeinse skryfwyse is I.

Getal 1: Natuurlike getal
Chinese handsein.

Wiskunde

1 is 'n spesiale getal in wiskunde, omdat enige getal wat met een vermenigvuldig word, daardie selfde getal as antwoord sal hê. 1 word gevolglik die identiteitselement van vermenigvuldiging genoem. 1 het slegs een faktor, naamlik 1 (homself) en is dus nie 'n priemgetal nie. 1 is die eerste getal van die natuurlike getallestelsel.

Rekenaarwetenskap

Die getal een is belangrik in rekenaarwetenskap omdat dit, tesame met nul, deel is van die binêre getallestelsel. In masjienkode en sommige programmeertale beteken een "waar". Nul beteken dan "onwaar".

Ander betekenisse

  • In Duitsland en Oostenryk is een die graad vir "baie goed". In Duitsland is een die hoogste uit ses grade, en in Oostenryk is dit die hoogste uit vyf grade.
  • In numerologie is een die simbool vir alles; die skepping en God.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Eenvoudige Engelse Wiki vertaal.

Tags:

0 (getal)Syfer

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BetonLys van musiekinstrumenteAluminiumBeeldspraakDanie du ToitWaterstofBonné de BodKoos du PlessisWiskundeVryheidsdagStereotipeKrieketHibernasieAnglo-BoereoorlogNadia ValvekensMenslike skeletAardeMichael JacksonSuid-Afrikaanse WeermagAgtervoegselOogproblemeMiddeloorontstekingKweekhuiseffekLyfstraf in skoleSwaweldioksiedMaagsweerKoppeltekenSwitserlandRassisme in AfrikaAardverwarmingJeugdagDie GelofteErektiele disfunksieDemokratiese Republiek die KongoFranklin D. RooseveltKlereOvulasieBeesSonnestelselGeografie van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsPriemgetalOrale seksNic de JagerNasionalismeMenslike seksuele gedragMynbouKarooGrondsoorteMis (weerkunde)GordelroosToestand van materieSirkelLys van Suid-Afrikaanse skrywersEskomBesoedelingPrimêre sektor van die ekonomieJakobGeskiedenis van AfrikaansElzette MaarschalkMenslike penisgrootteNagapieDepressie (gemoedstoestand)SwartbewussynsbewegingOntbossingMiddelmisbruikPinksterPlae van EgipteProstaatkankerGeestesgesondheidErosietipesTrevor ManuelByvoeglike naamwoordPubiese hare🡆 More