Edward VII (Albert Edward, deur sy familie meestal Bertie genoem; * 9 November 1841; † 6 Mei 1910) was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910.
Hy was die eerste monarg van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat deur sy seun George V hernoem is tot die Huis van Windsor.
Edward VII | |
---|---|
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië | |
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is. | |
Vorstehuis | Sakse-Koburg en Gotha |
Titels | SM die Koning SKH die Prins van Wallis SKH die Hertog van Rothesay SKH die Hertog van Cornwallis |
Regeer | 22 Januarie 1901 – 6 Mei 1910 |
Kroning | 9 Augustus 1902 |
Voorganger | Victoria |
Opvolger | George V |
Volle naam | Albert Edward |
Gebore | 9 November 1841; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 6 Mei 1910; Buckingham-paleis, Londen |
Begrawe | 20 Mei 1910; St. George-kapel, Windsor |
Eggenote | Alexandra van Denemarke |
Kinders | Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale George V Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife Prinses Victoria Maud, Koningin van Noorweë Prins Alexander John van Wallis |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria |
Voor hy koning geword het, was Edward die Prins van Wallis en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis. Tydens die lang tyd dat sy ma, koningin Victoria, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.
Die Edwardiaanse tydperk, wat ooreengestem het met Edward se bewind en na hom genoem is, het saamgeval met die begin van ’n nuwe eeu en het belangrike veranderings ingelui in tegnologie en die gemeenskap, soos die opgang van sosialisme en die Arbeidsbeweging. Edward het ’n rol gespeel in die modernisering van die Britse vloot, die hervorming van die weermag se mediese dienste en die reorganisasie van die Britse weermag ná die Anglo-Boereoorlog. Sy werk om goeie betrekkinge met ander Europese lande, veral Frankryk, te bevorder, wat hom die bynaam "Vredemaker" besorg het, kon egter nie die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 verhoed nie.
Naam | Gebore | Oorlede | Notas |
---|---|---|---|
Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale | 8 Januarie 1864 | 14 Januarie 1892 | |
Koning George V | 3 Junie 1865 | 20 Januarie 1936 | Getroud 1893, prinses Mary van Teck; het kinders gehad |
Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife | 20 Februarie 1867 | 4 Januarie 1931 | Getroud 1889, Alexander Duff, 1ste Hertog van Fife; het kinders gehad |
Prinses Victoria van die Verenigde Koninkryk | 6 Julie 1868 | 3 Desember 1935 | |
Prinses Maud van Wallis | 26 November 1869 | 20 November 1938 | Getroud 1896, Haakon VII van Noorweë; het kinders gehad |
Prins Alexander John van Wallis | 6 April 1871 | 7 April 1871 |
Wiki Commons bevat media in verband met Edward VII van die Verenigde Koninkryk. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Edward VII van die Verenigde Koninkryk, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.