Edward George Hudson Oliver: Suid-Afrikaanse botanis

Edward (Ted) George Hudson Oliver, (gebore 1938) is 'n Suid-Afrikaanse Plantkundige en skrywer.

Hy is 'n kundige in Ericaceae en het verskeie spesies ontdek en genoem. Oliver is die erkende wêreldowerheid op die subfamilie Ericoideae.

Edward George Hudson Oliver
Gebore 14 Oktober 1938 (1938-10-14) (85 jaar oud)
Rondebosch, Suid-Afrika
Alma mater Universiteit van Kaapstad
Bekend vir Kundige in genus Erica in die familie Ericaceae
Erkende wêreldowerheid op die subfamilie Ericoideae
Edward George Hudson Oliver: Lewe en loopbaan, Toekennings, Persoonlike lewe
Erica cinerea

Lewe en loopbaan

Oliver is op 14 Oktober 1938 in Rondebosch gebore. Hy was van 1947 tot 1957 op Diocesan College opgevoed. Hy het 'n meestersgraad en doktersgraad (in Plantkunde) aan die Universiteit van Kaapstad behaal.

Hy is as kurator van die Staatsherbarium in Stellenbosch aangestel van 1946 tot 1966. Hy was die Suid-Afrikaanse Skakelplantkundige aan die Kew Botaniese Tuine in Londen van 1967 tot 1969.

Hy het in 1970 na Suid-Afrika teruggekeer en het as Navorsingstaksonoom in Stellenbosch gewerk tot 1976. Hy het toe na Pretoria verhuis en die pos van kurator van die Nasionale Herbarium opgeneem tot 1982.

Hy het in 1982 na Stellenbosch teruggekeer en het weer die pos van Navorsingstaksonoom aanvaar. Van 1984 tot 1996 is hy aangestel as kurator van die Staatsherbarium in Stellenbosch. Hy het toe na Kirstenbosch verhuis en is aangestel as die navorsingstaksonoom aan die Compton Herbarium van die Nasionale Botaniese Instituut te Kirstenbosch, 'n pos wat hy tot 2006 gehou het.

Toekennings

  • President van die Nasionale Botaniesevereniging van Suid-Afrika, afgetree 2013
  • Ere-lewenslid van die Nasionale Botaniesevereniging van Suid-Afrika
  • Erelidmaatskap van die British Heather Society
  • Molteno Goud Medaal 2009 (Cape Tercentenary Foundation) vir sy Ericaceae-navorsing
  • Erica Oliveri is na hom vernoem en is eers in 1961 geïdentifiseer.

Persoonlike lewe

Oliver was getroud met Inge M. Oliver (née Nitzsche). Hulle het 'n seun en twee dogters gehad. Oliver geniet tuinmaak, stap en klassieke musiek. Sy gunsteling aanhaling is Ex Africa semper aliquid novi - Uit Afrika is altyd iets nuuts.

Geselekteerde Werke

Oliver het meer as 100 referate in verskeie botaniese tydskrifte gepubliseer. Drie van sy bydraes is:

  • Hunting for Ericas in Madagascar, Yearbook of The Heather Society, vol 8 (2011)
  • Ericas in Mauritius, home of the dodo, Yearbook of The Heather Society, vol 11 (2014)
  • Looking for Spanish heathers, Yearbook of The Heather Society, vol 12 (2015)

Drie van die boeke wat hy mede-outeur het, is:

  • Ericas in Southern Africa, H. A. Baker, F. Anderson, I. von Below, E. G. H. Oliver (1967, 1992)
  • Ericas of South Africa, D. Schumann, G. Kirsten, E. G. H. Oliver (1992)
  • Field guide to the Ericas of the Cape Peninsula, E. G. H. Oliver, I. M. Oliver (2000

Drie van die spesies wat deur hom beskryf was:

Die standaard skrywer afkorting E.G.H.Oliv. word gebruik om die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam genoem word.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Edward George Hudson Oliver Lewe en loopbaanEdward George Hudson Oliver ToekenningsEdward George Hudson Oliver Persoonlike leweEdward George Hudson Oliver Geselekteerde WerkeEdward George Hudson Oliver Sien ookEdward George Hudson Oliver BronneEdward George Hudson Oliver VerwysingsEdward George Hudson Oliver Eksterne skakelsEdward George Hudson OliverEricaceaePlantkundeSpesie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeupPornografiese akteurEierleierBruin huisslangHernubare energieKlitorisWaverMaanAsmaCSSVerkleinwoordRykie van ReenenApartheidSally EsterhuizenPeach van PletzenSonsteekBiljoenRoekelose DadeMarita NapierRolprentMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaVingerseksDie BylBeesVleesbaaiNederlandJagluiperdPornografieNieuwoudtvilleVoortrekkermonumentMuishondEkostelselGodsdiensKewerWayback MachineVoorhuidRenier van RooyenLika BerningSkoenlapperEuropese UnieE-posWillie EsterhuizenWitbloedselTuberkuloseLys van elemente volgens simboolDramaWortelLys van Suider-Afrikaanse soogdiereOntlastingMarkus JoosteBakterieEmfiseemLiefdeKlimaatTegnologieSuid-AfrikaISBNIerse nasionale rugbyspanAnale kankerKoos BekkerTuisbladIntensiewe vormKoöperasiestoriesJada FireWeeluisVermaakDroomWashington, D.C.WortelkanaalEucalyptusFacebookSlaapapneeJeugdag🡆 More