Edna Molewa: Suid-Afrikaanse politikus

Edith Edna Molewa (23 Maart 1957 – 22 September 2018) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en lid van die African National Congress.

Edna Molewa
Edna Molewa
Edna Molewa in 2011

Minister van Omgewingsake
Ampstermyn
26 Mei 2014 – 22 September 2018
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur self
(as Minister van Water en Omgewingsake)
Opgevolg deur Nomvula Mokonyane

Minister van Water en Omgewingsake
Ampstermyn
31 Oktober 2010 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Buyelwa Sonjica
Opgevolg deur self
(as Minister van Omgewingsake)

Minister van Sosiale Ontwikkeling
Ampstermyn
11 Mei 2009 – 31 Oktober 2010
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Zola Skweyiya
Opgevolg deur Bathabile Dlamini

2de Premier van Noordwes
Ampstermyn
30 April 2004 – 6 Mei 2009
Voorafgegaan deur Popo Molefe
Opgevolg deur Maureen Modiselle

Persoonlike besonderhede
Gebore (1957-03-23)23 Maart 1957
Warmbad, Transvaal
Sterf 22 September 2018 (op 61)
Pretoria, Gauteng
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Richard Molewa (—2017; haar dood)

Molewa is as die Minister van Water en Omgewingsake van Suid-Afrika aangestel op 31 Oktober 2010, as deel van 'n kabinetskommeling deur President Jacob Zuma. Op 25 Mei 2014 is haar departement verdeel en sy is aangestel as die Minister van Omgewingsake. Sy vervang daarmee haar voorganger, Buyelwa Sonjica. Molewa was besig om vir 'n BA in Kommunikasie te studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika.

Sy sterf op 22 September 2018 in die ouderdom van 61 aan legioensiekte ('n tipe longontsteking).

Politieke loopbaan

Edna Molewa was betrokke by Suid-Afrika se bevrydingsbeweging van 1976 tot 1990. Gedurende daardie tyd was sy 'n lid van verskeie aktiviste- en plaaslike ekonomiese ontwikkelingsorganisasies. Aan die begin van 1984 het sy as voorsitter gedien van die Suid-Afrikaanse Commercial, Catering and Allied Workers Union en uiteindelik word sy adjunkpresident. In 1994 word Molewa die eerste vroulike voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid, en in 1996 begin sy dien as 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Toerisme, Omgewing en Bewaring.

Sy was van 1998 tot 2000 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme. Tussen 2000 en 2004 was Molewa 'n lid van die Uitvoerende Raad vir Landbou-, Bewaring- en Omgewingsake. Op 30 April 2004 word sy die eerste vrouepremier van die Noordwes Provinsiale Wetgewer, 'n pos wat sy beklee het tot 2009.

Vir 'n kort tyd was Molewa aangestel as die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, maar in 2010 is sy vervang deur Buyelwa Sonjica. In Mei 2014 is die departement verdeel en Edna Molewa het die Minister van Omgewingsake geword.

Edna Molewa was die kommunikasiehoof van die ANC Vroueliga en was sedert 2003 'n lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee.

Omgewingskwessies

Sedert sy die Minister van Omgewingsake geword het, het Molewa gepoog om renosters se veiligheid te verbeter deur 'n verskeidenheid bewaringspogings. Onder hierdie pogings is hervestigingsprogramme, teenstroop-inisiatiewe, die verkoop van renosters aan privaatreservate, wetstoepassingsamewerking op alle vlakke, en om te voldoen aan CITES-regulasies.

Molewa se administrasie het die wettiging van internasionale renosterhoringhandel ondersteun, en het renosters van hoë-risiko gebiede na lae-risiko gebiede verskuif, beide nasionaal en internasionaal, asook begin met die verkoop van meer as 200 witrenosters aan privaatkopers. Maar beplande verkope van renosters vanuit die Krugerwildtuin na private wildreservate is laat in 2014 gekanselleer nadat daar ontdek is dat sommige van die voornemende kopers die eienaars van onwettige jagondernemings is. Een van die beweerde kopers is daarvan beskuldig dat hy saketransaksies doen met Dawie Groenewald wie in hegtenis geneem is in die Verenigde State vir geldwassery en die verkoop van bedrieglike jagpakette en in hegtenis geneem is in 2010 in Suid-Afrika in verband met die onwettige afmaai van renosters.

Sterwe

Molewa het op 22 September 2018 gesterf as 'n gevolg van legioensiekte, waarmee sy besmet is terwyl sy in China was vir 'n staatsbesoek.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Edna Molewa Politieke loopbaanEdna Molewa OmgewingskwessiesEdna Molewa SterweEdna Molewa Eksterne skakelsEdna Molewa VerwysingsEdna Molewa1957201822 September23 MaartAfrican National CongressSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hoërskool OuteniquaPornografiese subgenresKarlien van JaarsveldSprokieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)StaatstoelaeSeksueel oordraagbare infeksiePersRooilipslangSelfmoordSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieWortelGodAuschwitz-konsentrasiekampNierversakingAmandelOseaanbesoedelingTrekarbeidKolitisLys van Griekse mitologiese figureNatuurrampAbstraksie (rekenaarwetenskap)Wet op NaturellengrondIronieMelaatsheidDepressie (gemoedstoestand)Bergen-Belsen-konsentrasiekampMagda van BiljonSias ReineckeGeslagsregister vanaf Adam tot JesusJames AlexanderDikdermBevolkingSamestellingVraag en aanbodMenseregtedagLionel MessiSaldanhabaaiNaaldekokerViëtnamoorlogJanie du PlessisLys van bekende Suid-AfrikanersCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaHoutKarooLys van politieke partye in Suid-AfrikaJan CombrinkKnieArmoedeverligtingLys van Afrikaanse televisiereekseGroot DepressieWieg van die MensdomAborsie in Suid-AfrikaKondensasieJansenvilleVoornaamwoordLys van Afrikaanse skrywersLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesGNU/FDL-lisensieBynierRassismeVloeistofPersoonlikheidAfrikaanse woordelys en spelreëlsPols-oksimeterMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKernkragTaalVigsHibernasieSeekoeiJan van Hunks🡆 More