Edgar Rice Burroughs: Amerikaanse skrywer

Edgar Rice Burroughs (1875–1950) was ’n Amerikaanse skrywer wat veral bekend was vir sy boekreeks oor die oerwoudheld Tarzan en die wetenskapsfiksiereeks Barsoom.

Edgar Rice Burroughs
Edgar Rice Burroughs: Biografie, Die Barsoom- en Tarzan-reeks, Verwysings
Gebore1 September 1875
Sterf19 Maart 1950
NasionaliteitAmerikaans
BeroepSkrywer
Bekend virAvontuur, wetenskapsfiksie, Wilde Weste
Tarzan-reeks
Handtekening
Edgar Rice Burroughs: Biografie, Die Barsoom- en Tarzan-reeks, Verwysings

Biografie

Burroughs is op 1 September 1875 in Chicago gebore as die seun van ’n sakeman. Hy het die Michiganse Militêre Akademie bygewoon en in 1895 daar geslaag. Daarna het hy ’n soldaat geword en verskeie ander beroepe beklee. In 1899 het hy vir vyf jaar by sy pa se besigheid gaan werk. Hy is in 1900 met Emma Centennia Hulbert getroud en hulle het drie kinders gehad: Joan, Hubert en John.

Omstreeks 1911 het hy begin skryf. Sy verhale was vir sogenaamde pulpliteratuur-publikasies, wat in dié tyd gewild was. Sy eerste reeks, Under the Moons of Mars, het in 1912 in die tydskrif All Story verskyn onder die skuilnaam Norman Bean om sy reputasie te beskerm. Daarna het hy voltyds begin skryf. Teen die tyd dat die laaste deel van Under the Moons of Mars gepubliseer is, het hy reeds twee boeke voltooi, waaronder Tarzan of the Apes, wat in Oktober 1912 vir die eerste keer gepubliseer is.

Tarzan was ’n sensasie en Burroughs het soveel as moontlik uit hom probeer maak: van ’n strokiesverhaal en ’n rolprent tot koopware het gevolg. Die publiek kon net nie genoeg van dié held kry nie en tot vandag is Tarzan ’n suksesvolle en bekende karakter.

Burroughs het ook fantasieverhale geskryf waarin mense na verskillende planete, verlore eilande of die binnekant van die "hol aarde" gestuur word. Hy het ook Wilde Weste- en historiese romans geskryf.

In 1923 het hy die onderneming Burroughs Inc. gestig en sy eie boeke begin druk. Hy is in 1934 van Emma geskei en met Florence Dearholt getroud, van wie hy in 1942 ook geskei is. Ten tyde van die aanval op Pearl Harbor het hy in Hawaii gewoon en as oorlogskorrespondent gewerk.

Burroughs is op 19 Maart 1950 in Kalifornië oorlede met byna 70 boeke agter sy naam. Die Burroughs-krater op Mars is na hom genoem.

Die Barsoom- en Tarzan-reeks

Barsoom

  • A Princess of Mars (1912)
  • The Gods of Mars (1918)
  • The Warlord of Mars (1914)
  • Thuvia, Maid of Mars (1920)
  • The Chessmen of Mars (1922)
  • The Master Mind of Mars (1928)
  • A Fighting Man of Mars (1931)
  • Swords of Mars (1936)
  • Synthetic Men of Mars (1940)
  • Llana of Gathol (1948)
  • John Carter of Mars (1964)

Tarzan

  • Tarzan of the Apes (1912)
  • The Return of Tarzan (1913)
  • The Beasts Of Tarzan (1914)
  • The Son of Tarzan (1914)
  • Tarzan And The Jewels Of Opar (1916)
  • Jungle Tales Of Tarzan (1919)
  • Tarzan The Untamed (1920)
  • Tarzan The Terrible (1921)
  • Tarzan and the Golden Lion (1923)
  • Tarzan and the Ant Men (1924)
  • The Tarzan Twins (1927)
  • Tarzan, Lord of the Jungle (1927)
  • Tarzan and the Lost Empire (1928)
  • Tarzan at the Earth's Core (1929)
  • Tarzan the Invincible (1930)
  • Tarzan Triumphant (1931)
  • Tarzan and the Leopard Men (1932)
  • Tarzan and the City of Gold (1932)
  • Tarzan the Magnificent (1936)
  • Tarzan and the Forbidden City (1938)
  • Tarzan and the Jungle Murders (1940)
  • Tarzan and the Champion (1940)
  • Tarzan and the Madman (1964)
  • Tarzan and the Foreign Legion (1947)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Edgar Rice Burroughs BiografieEdgar Rice Burroughs Die Barsoom- en Tarzan-reeksEdgar Rice Burroughs VerwysingsEdgar Rice Burroughs Eksterne skakelsEdgar Rice BurroughsTarzanVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Genitale vratSeisoenKommunismeMartin Luther King jr.BaälHeupInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandWêreldwye webVerantwoordelikheidStaalWerkwoordToekoms van die AardeLeonardo da VinciZack du PlessisPornografiese akteurNasiebouElandréSonkragWatersuiweringHernubare energieJagluiperdMotorvoertuigSinoniemNaaldekokerBank (finansiële instelling)Industriële RevolusieSleutel (musiek)RumatiekDomkragVarkKolorektale kankerKoolhidraatCleopatra VIIVoedingEk is 'n Afrikaan (toespraak)PlastiekGezina, PretoriaGemeenskapAfkortingDonkieBloeddrukMoslemDieregeluideGipsGemeenskapsorganisasieKaapse VlakteAluminiumRepubliek die KongoSuid-Afrikaanse GrensoorlogDiskriminasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024KleurInflasieLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierWaterstofSeksMaroela MediaWater (molekuul)WaterkringloopGriepSoogdierTuberkuloseLys van kinderspeletjiesWright-broersFotosinteseAanpassingskapasiteitLys van elemente volgens simboolHartseerProvinsies van Suid-AfrikaPretoriaMangelFilosofieHomoniemHortologieLys van bekende Suid-Afrikaners🡆 More