Edenburg

Edenburg is 'n dorp in suidwes Vrystaat, in Suid-Afrika.

Die dorp is 75 km suid van Bloemfontein, op die N1 nasionale pad, oos van Jagersfontein en noord van Trompsburg.

Edenburg
Edenburg se stadsaal
Edenburg se stadsaal
Edenburg is in Vrystaat
Edenburg
Edenburg
Edenburg Edenburg se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°44′05″S 25°56′13″O / 29.73472°S 25.93694°O / -29.73472; 25.93694 25°56′13″O / 29.73472°S 25.93694°O / -29.73472; 25.93694
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikXhariep
MunisipaliteitKopanong
Stigting1862
Regering
 • TipeMunisipaliteit
 • BurgemeesterXolile Mathwa (ANC)
Oppervlak
 • Totaal41,4 km2 (16,0 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal6 460
 • Digtheid156/km2 (400/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense6.8%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense16.6%
 • Swart mense75.8%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Suid-Sotho 53.4%
 • Afrikaans 26.5%
 • Xhosa 14.0%
 • Tswana 2.0%
 • Ander 4.1%
Poskode (strate)
9908
Poskode (posbusse)
9908
Skakelkode051

Dorpstigting

Edenburg het begin as 'n kerkdorp van die NG Kerk. Prof. P.J. Nienaber in sy Suid-Afrikaanse pleknaamwoordeboek haal Collins aan wat in sy Free Statia skryf: "The first sale of Erven took place there on the 24th day Febr. 1862, when a brisk competition took place, the proceeds of one day's sale, in this seemingly uninviting locality — being £3 776; the Water Erven realizing from £75 to £112, and Dry Erven from £37 lOs. to £52 10s." Die aansoek om die erkenning van Edenburg as dorp was 'n memorie deur J.J. Pienaar en nog 54 inwoners onderteken. Op 28 Februarie 1863 is die aansoek eers van die hand gewys, maar op 4 Maart 1863 tog toegestaan. Edenburg is aangelê op die plaas Rietfontein. Oor die oorsprong van die naam bestaan daar meningsverskil. Sommige (soos Robertson in sy Travellers' Guide for S.A.) sê: "Of Biblical origin and has reference to the Garden of Eden." Ou inwoners van die dorp het, volgens Nienaber in 1963, verklaar dat met die stigting die plan was om 'n gesiene predikant, dr. Andrew Murray, te vereer met die vernoeming. Dr. Murray het die onderskeiding aanvaar, maar onregstreekse vernoeming verlang. Daarom is die plek na sy geboortestad in Skotland (Edinburgh) genoem, maar verhollands tot Edenburg. Die dorp het munisipale status gekry in 1891.

Gemeentestigting

Edenburg 
Edenburg se vorige kerk is in 1925 vergroot en opnuut ingewy, maar in die jare 50 gesloop en vervang deur 'n siersteengebou. Die argitek was Richard Wocke.

Die NG gemeente Edenburg is op 15 Julie 1863 van die NG gemeente Fauresmith afgestig. Die eerste paar jaar moes die gemeente sonder ’n vaste leraar klaarkom. ’n Eie predikant kry Edenburg eers op 10 Junie 1866 toe ds. A.P. Meiring tot herder en leraar van die gemeente bevestig word. In die eerste 100 jaar van sy bestaan was die gemeente nooit vir langer as een jaar vakant nie, soos blyk uit die volgende gegewens: di. A.P. Meiring (1866–1892), P. du Toit (1893–1924), P.S.Z. Coetzee (1925–1934), J.H. van Loggerenberg (1934–1939), J.A.J. McDonald (1940–1944), P.S.Z. Coetzee vir die tweede maal (1945–1949) en J.P. Roux (1950-). In 1952 skryf Ons gemeentelike feesalbum: "Hierdie voortdurendheid in die heilige bediening is vir die gemeente Edenburg ’n oorsaak van roem in die aanbiddelike Voorsienigheid van God."

Ds. Meiring was die grondlegger van die gemeente Edenburg. Die gemeente is dan ook veel verplig aan sy eerste leraar. Die "bedehuis" wat hy gebou en in 1877 ingewy het, het selfs tot in die middel van die 20ste eeu as die kerk van Edenburg gedien. Dat die pastorie nie toegebou kan word nie en dat alle kerkeiendomme belastingvry is, is vrugte van sy bekwame leiding en goeie deursig. Hy was in die Vrystaatse Kerk ’n vername predikant; 25 jaar lank was hy lid van die Moderatuur.

Distrik

Die ekonomie van die distrik van 2 000 km2 is op bees- en skaapboerdery gegrond.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Edenburg DorpstigtingEdenburg GemeentestigtingEdenburg DistrikEdenburg Sien ookEdenburg BronneEdenburg VerwysingsEdenburg Eksterne skakelsEdenburgBloemfonteinDorpJagersfonteinN1Suid-AfrikaTrompsburgVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Absolute monargieWiki CommonsDigterLabia (geslagsdele)Twaalf Stamme van IsraelIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieVulvaMosesSan FranciscoSchwantesiaBloedgroepJagluiperdMisdaadSmall HandsPlae van EgipteLys van Afrikaanse televisiereekseHemelBesemBuck AngelMuishondKewerLodewyk XVI van FrankrykErns GrundlingNamibwoestynMark (ekonomie)Kongo-krisisPeach van PletzenReënspinnekopHipoteseCeresAfrikaanse TaalmonumentVeselSkildklierMateriaalSenuweestelselBrugWikiMobutu Sese SekoTegnologieZoeloePaarl GimnasiumTweede WêreldoorlogNamibiëLugbesoedelingViëtnamoorlogWinnie Madikizela-MandelaPersoonlikheidLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGroot TrekWieg van die MensdomSuid-Afrikaanse InkomstediensNatuurrampGetalErektiele disfunksieOogproblemeVitamienJode in Suid-AfrikaJapanneesKonsentrasiekampLeestekenVerbuigingApartheidProteïenSpinnekopSeevlakSteve BikoSprokieAppel (sanger)HerfsSarah Rose KarrVermenigvuldigingCorioliskragBatePlastiekAborsie🡆 More