Geskiedenis van Gnostisisme
Artikel uit die reeks oor Gnostisisme | |
Gnostisisme | |
Siries-Egiptiese Gnostisisme | |
Proto-Gnostici | |
Vaders van die Christelike Gnostisisme | |
Vroeë Gnostisisme | |
Middeleeuse Gnostisisme | |
Moderne Gnostisisme | |
Gnostiese tekste | |
Verwante artikels |
Die Ecclesia Gnostica (Latyns: "Die Gnostiese Kerk") is 'n Christelik-Gnostiese kerk wat in 1959 in die Verenigde State onder die naam Pre-Nicene Gnostic Catholic Church gestig is.
Sy susterorganisasie, die Gnostic Society, doen navorsing oor die Gnostisisme en bied op sy webwerf gnosis.org ook inligting oor die Gnostiese denkrigting van die Christendom vir belangstellendes.
Stephan A. Hoeller, die enigste biskop van die Ecclesia Gnostica, is 'n bekende Gnostikus wat 'n groot aantal werke oor die Gnostisisme en die psigologie van Carl Gustav Jung gepubliseer het.
Die Ecclesia Gnostica vier nege sakramente, waarvan sewe van die Rooms-Katolieke Kerk oorgeneem en aangepas is: Die Eucharistie (of Heilige Nagmaal), die Huwelik, die Konfirmasie, die Doop, die Boete, die Priesterwyding, en die Salwing van Siekes. Twee bykomende sakramente is die Verlossing en die Bruidkamer.
Met die sakrament van die Verlossing word 'n mens bevry van die ketens van die Demiurg (die god van die stoflike wêreld) en die Arkons, die kragte van sonde, vrees en versoeking wat 'n mens se spirituele ontwaking probeer belemmer.
Die Gnostiese Kerk
Met die sakrament van die Bruidkamer word die werking van die sakrament van verlossing geseël en sodoende die siel van die gelowige met dié van die Tweeling-engel verenig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ecclesia Gnostica, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.