Die ENB-stadion (ook genoem FNB-stadion, Sokkerstad of Soccer City) is 'n stadion in Soweto, Johannesburg, Suid-Afrika.
Die stadion is reg langs die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA-huis) waar die kantore van FIFA en die Plaaslike Reëlingskomitee vir die 2010 Sokkerwêreldbeker gesetel was. Met 'n kapasiteit van 94 700 is dit die grootste stadion in Afrika.
ENB- of FNB-stadion | ||
Binneaansig tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 | ||
Bynaam | Sokkerstad / Soccer City Die kalbas | |
---|---|---|
Ligging | Johannesburg, Suid-Afrika | |
Koördinate | 26°14′5.27″S 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O 27°58′56.47″O / 26.2347972°S 27.9823528°O | |
Eienaar | Stad Johannesburg | |
Operateur | Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) | |
Kapasiteit | 94 700 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | 1986 | |
Geopen | 1989 | |
Renovasie | 2009 | |
Uitgebrei | 2009 | |
Boukoste | R3,3 miljard | |
Argitek | Boogertman & Vennote, Populous | |
Huurders | ||
Kaizer Chiefs Bafana-Bafana Springbokke |
Die stadion het sedert sy konstruksie in 1987 as die FNB-stadion bekend gestaan, maar is tydelik na Sokkerstad herdoop om aan FIFA se neutrale borgskap-vereistes te voldoen.
In 1990 het Nelson Mandela sy eerste vrye toespraak in die stadion gelewer, nadat hy uit die gevangenis vrygelaat is. Op 10 Desember 2013 is sy internasionale roudiens hier gehou. Dit was ook die tuiste van Chris Hani se begrafnis.
Dit was ook die plek vir die eindstryd van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, wat tussen Nederland en Spanje beslis is. Tydens die wêreldbeker se sluitingseremonie op die dag van die eindstryd het Nelson Mandela sy laaste openbare verskyning hier gemaak.
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
13 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 3–0 | Kameroen | Groep A (opening) | 80 000 |
15 Januarie 1996 | Egipte | 2–1 | Angola | Groep A | 6 000 |
18 Januarie 1996 | Kameroen | 2–1 | Egipte | Groep A | 4 000 |
20 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 1–0 | Angola | Groep A | 30 000 |
24 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 0–1 | Egipte | Groep A | 20 000 |
25 Januarie 1996 | Zaïre | 2–0 | Liberië | Groep C | 3 000 |
27 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 2–1 | Algerië | Kwarteindronde | 80 000 |
31 Januarie 1996 | Suid-Afrika | 3–0 | Ghana | Halfeindronde | 80 000 |
3 Februarie 1996 | Ghana | 0–1 | Zambië | Klein finale | 80 000 |
3 Februarie 1996 | Suid-Afrika | 2–0 | Tunisië | Eindstryd | 80 000 |
Die stadion is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 ingespan as een van die 10 stadia waar wedstryde gespeel is. Benewens die openingswedstryd en eindstryd, is by die stadion gespeel:
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 2010 | 16:00 | Suid-Afrika | 1–1 | Meksiko | Groep A (opening) | 84 490 |
14 Junie 2010 | 13:30 | Nederland | 2–0 | Denemarke | Groep E | 83 465 |
17 Junie 2010 | 13:30 | Argentinië | 4–1 | Suid-Korea | Groep B | 82 174 |
20 Junie 2010 | 20:30 | Brasilië | 3–1 | Ivoorkus | Groep G | 84 455 |
23 Junie 2010 | 20:30 | Ghana | 0–1 | Duitsland | Groep D | 83 391 |
27 Junie 2010 | 20:30 | Argentinië | 3–1 | Meksiko | Agste eindronde | 84 377 |
2 Julie 2010 | 20:30 | Uruguay | 1–1 (4–2 n.S.) | Ghana | Kwarteindronde | 84 017 |
11 Julie 2010 | 20.30 | Nederland | 0–1 (e.t.) | Spanje | Eindstryd | 84 490 |
Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|
19 Januarie 2013 | Suid-Afrika | 0–0 | Kaap Verde | Groep A (opening) | 50 000 |
19 Januarie 2013 | Angola | 0–0 | Marokko | Groep A | 25 000 |
10 Februarie 2013 | Nigerië | 1–0 | Burkina Faso | Eindstryd | 85 000 |
Die stadion is ook sedert 2010 vir die eerste keer vir rugbywedstryde gebruik. Die Springbokke het op 21 Augustus 2010 tydens die 2010-Drienasiesreeks hier teen die All Blacks gespeel.
Die ENB-stadion het 'n massiewe opgradering vir die 2010 Wêreldbeker ondergaan. Die stadion se nuwe ontwerp is deur die vorm van 'n Afrikapot geïnspireer.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article ENB-stadion, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.