Die Europese Vryhandelsvereniging (EVHV, Engels: European Free Trade Association, EFTA; Frans: Association européenne de libre-échange, AELE) is 'n vryhandelssone van vier Europese lande met politiese en ekonomiese samewerkingsooreenkomste.
Dit is op 4 Januarie 1960 in Stockholm, Swede, deur Denemarke, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk gestig. Op 1 Maart 1970 het Ysland, op 1 Januarie 1986 Finland en op 1 September 1986 Liechtenstein by die EVHV aangesluit. Op 1 Januarie 1973 het Denemarke en die Verenigde Koninkryk, op 1 Januarie 1986 Portugal en op 1 Januarie 1995 Finland, Oostenryk en Swede die EVHV verlaat. Huidige lidlande is Liechtenstein, Noorweë, Switserland en Ysland en voormalige lidlande is Denemarke, Finland, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk, wat by die Europese Unie aangesluit het. Saam met die Europese Unie vorm EVHV die Europese Ekonomiese Ruimte.
Sekretaris-generaals van die EVHV:
Wiki Commons bevat media in verband met Europese Vryhandelsvereniging. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Europese Vryhandelsvereniging, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.