EBLM J0555-57 is ’n driedubbele ster sowat 600 ligjare van die Son af.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
EBLM J0555-57Ab, die kleinste ster in die stelsel, wentel elke 7,8 dae om die primêre ster en was met sy ontdekking die kleinste bekende ster met ’n massa wat groot genoeg is vir die fusie van waterstof in sy kern.
EBLM J0555-57 | ||||
Sterrebeeld | Skilder | |||
Spektraaltipe | F8 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 55m 32.6868s | |||
Deklinasie | -57° 17′ 26.064″ | |||
Skynmagnitude (m) | 9,98/10,76 | |||
Besonderhede | ||||
Komponent 1 | EBLM J0555-57Aa | |||
Massa (M☉) | 1,13 ± 0,08 | |||
Radius (R☉) | 0,99+0,15−0,03 | |||
Temperatuur (K) | 6 461 ± 124 | |||
Rotasiespoed (km/s) | 7,60 ± 0,28 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | -0,24 ± 0,16 | |||
Komponent 2 | EBLM J0555-57Ab | |||
Massa (M☉) | 0,081 | |||
Komponent 3 | EBLM J0555-57B | |||
Radius (R☉) | 0,94 ± 0,08 | |||
Temperatuur (K) | 5 717 ± 124 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | Verduisterend | |||
Ander name | ||||
CD-57 1311, CPD-57 913, TYC 8528-926-1, 2MASS J05553262-5717261, WDS J05555-5717 | ||||
|
EBLM J0555-57, ook bekend as CD-57 1311, is ’n driedubbele ster in die sterrebeeld Skilder. Dit bestaan uit ’n visuele dubbelster, met twee sterre soos die Son wat 2,5 boogsekondes van mekaar af is: EBLM J0555-57A, met ’n skynbare magnitude van 9,98 en spektraaltipe F8, en EBLM J0555-57B, met ’n skynbare magnitude van 10,76. Geen wentelbeweging is waargeneem nie, maar hulle het feitlik identiese radiale snelhede en is vermoedelik swaartekraggebonde.
Komponent A van die stelsel is self ’n verduisterende dubbelster (EBLM J0555-57Ab wentel om EBLM J0555-57Aa). Tydens oorgange verminder die helderheid met sowat 0,05%. Die vorm en duur van die oorgange gee ’n aanduiding van die radiusse van die twee sterre. Die wentelperiode is sowat 7 dae en 18 uur, die eksentrisiteit 0,09, die baanhelling 89,84° en die halwe lengteas 0,08 AE.
EBLM J0555-57Ab het ’n massa van omtrent 85 keer dié van Jupiter of 0,081 keer die Son s’n. Sy radius is min of meer so groot soos Saturnus s'n. Dit is volgens huidige modelle omtrent so klein as wat ’n waterstofverbrandende ster kan wees. EBLM J0555-57Ab is ontdek deur ’n groep wetenskaplikes van die Universiteit van Cambridge met behulp van data deur die SuperWASP-projek. WASP soek na eksoplanete deur middel van die oorgangsmetode.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article EBLM J0555-57, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.