Dzanani is 'n groot nedersetting in Makhado Munisipaliteit in Limpopo, Suid-Afrika.
Dzanani | |
---|---|
Nzhelele Valley winkelsentrum in Dzanani | |
Koördinate: 22°52′41″S 30°9′11″O / 22.87806°S 30.15306°O 30°9′11″O / 22.87806°S 30.15306°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Makhado |
Oppervlak | |
• Totaal | 4,50 km2 (1,74 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 5 673 |
• Digtheid | 1 261/km2 (3 270/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Swart mense | 99.1% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Venda | 92.9% |
• Engels | 1.4% |
• Ander | 5.8% |
Poskode (strate) | 0955 |
Poskode (posbusse) | 0955 |
Skakelkode | 015 |
Dzanani lê in die Soutpansberg, 40 km vanaf die voormalige hoofstad Thohoyandou, 50 km van Louis Trichardt, 420 km van Pretoria en ongeveer 690 km vanaf Harare in Zimbabwe. Dit is 150 km van Polokwane Internasionale Lughawe en ongeveer 460 km van O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Goeie geteerde paaie bedien Dzanani en ander nabygeleë plekke.
Dzanani was een van die vier distrikte in die voormalige Republiek van Venda, saam met Vuwani, Mutale en Thohoyandou. Dzanani is reeds oor eeue heen die tuiste van die VhaVenda-konings.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dzanani, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.