Kiesafdeling Durban-Noord

Durban-Noord was 'n kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad van 1938 tot aan die einde van die Driekamerparlement in 1994.

In die heel eerste verkiesing in 1938 in Durban-Noord, toe daar 6 546 kiesers geregistreer het, kom die Arbeidersparty se C.F. Miles-Cadman teen die Verenigde Party se A.H.J. Eaton te staan. Miles-Cadman wen met 'n meerderheid van 1 617 stemme. Hy wen weer in 1943 met 'n meerderheid van 3 444 teen die onafhanklike S.M. Petterson. In 1948, toe die getal kiesers aangegroei het tot 9 688, wen die Verenigde Party se J. Lewis die setel met 'n meerderheid van 2 235 teen J.J. Smith van adv. Tielman Roos se Sentrale Party, die sogenaamde Roosiete. Lewis wen weer in 1953, dié keer teen die Nasionale Party se F.J. du Toit, met 'n reuse-meerderheid van 8 503. In 1958 word hy onbestrede verkies en in die volkstemming van 1960 oor republiekwording stem net 1 282 vir 'n republiek en 11 426 daarteen.

In die verkiesing van die volgende jaar wen M.L. Mitchell van die V.P. met 'n meerderheid van 2 176 stemme teen die Progressiewe Party se G.R. Bond. Mitchell kom in 1966 te staan teen G.J. Claassen van die N.P., R.B. Brink van die P.P. en G.E. Yeatman van die Front en wen met 'n meerderheid van 3 339. Hy word dan ook in 1970 en in 1974 onbestrede verkies in wat toe een van die veiligste V.P.-setels in die land was. Op 5 Mei 1976 behaal die Progressiewe Reformiste Party egter sy eerste oorwinning by die stembus toe S.A. Pitman (4 243 stemme) net 'n skrale meerderheid van 324 wen teen die V.P. se W.B. Reynolds (3 919 stemme), dr. Denis Worrall van die N.P. (3 139) en die onafhanklike M.S. Louw, wat net 95 stemme kon kry. In die 1977-verkiesing wen Pitman vir die Progressiewe Federale Party in Pinetown, terwyl R.B. Miller Durban-Noord vir die Nuwe Republiek Party wen.

Partye en kandidate gewen

Bronne

  • Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.
  • Amptelike Jaarboek van die Republiek van Suid-Afrika 1983. 1983. Johannesburg: Chris van Rensburgpublikasies.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OlifantAardbewingAfrikaanse woordelys en spelreëlsDiatomiese molekuulMierKatoenVars waterLys van Kaapstad se voorstedeBeurtkragCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPenisVolhoubaarheidAardverwarmingAfkortingRobert SobukweWaterbesoedelingAnale seksLys van Afrikaanse skrywersKuberkrakerAnilingusIdioomNedersettingSowjetunieEkotoerismeGroot TrekTafelbergNatuurbewaringWetenskaplike klassifikasieMynbedryf van Suid-AfrikaWolkOmgewingskwessies in Suider-AfrikaApartheidKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSeksismeMaanWieg van die MensdomPapegaaieBosluisbytkoorsDataverwerkingAdolf HitlerHemelvaartLemoenKaartToutrekJaco JacobsTeam Fortress 2Nasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyKunsKolonoskopieMassaAfvalbestuurJohannes HahnDroogteBruin menseTegnologieStaalSokkerViëtnamSpinnekopEerste WêreldoorlogKameelperdSoogdierEmo AdamsVlekvrye staalKlavierVoorvoegselBorskankerKoorsblaarGeelsugKletsrymBrittany Ashton HolmesIndiëLiesbreukThys die BosveldklongPeter Snyders🡆 More