Dulcie Howes

Dulcie Joyce Lind Howes (3 Desember 1908 – 19 Maart 1993) was ʼn Suid-Afrikaanse ballerina en balletpionier.

Tot op 16 jaar het sy balletklasse by Helen Webb ontvang waarná sy Engeland toe is en verdere opleiding by Margaret Craske, Thamar Karsavina, Ninette de Valois en Elsa Brunelleschi ontvang het. Ná voltooiing van hierdie studie het sy saam met die legendariese Anna Pavlova deur die Europese vasteland getoer.

Dulcie Howes
Dulcie Howes
Dulcie Howes
Gebore
Dulcie Joyce Lind Howes

3 Desember 1908
Sterf19 Maart 1993
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepBalletdanser, choreograaf

Ná haar terugkeer na Suid-Afrika het Dulcie Howes 'n balletskool in Rondebosch geopen. In 1932 het prof. W.H. Bell haar versoek om hoof te word van die nuwe balletdepartement van die Suid-Afrikaanse Musiekkollege, wat 'n afdeling van die Universiteit van Kaapstad was, en in dié hoedanigheid het sy balletproduksies in die Kleinteater die lig laat sien.

Dié balletskool, met Howes aan die hoof, het begin met 60 studente, en die Universiteit van Kaapstad het die tweede plek ter wêreld geword waar 'n graad in ballet verwerf kon word. Die universiteit het ook 'n balletgeselskap tot stand gebring wat landwyd toere onderneem het. In 1949 het die gevierde Alicia Markova en Anton Dolin saam met dié geselskap gedans – ʼn aanduiding van die aansien wat die groep toe reeds geniet het.

Dulcie Howes, wat Engeland gereeld besoek het om aanvullingskursusse te volg, het tydens die besoeke vir Sadler's Wells balletproduksies behartig. Sy het ook 'n groot rol gespeel in die Universiteit van Kaapstad se balletgeselskap ten opsigte van die bestuur, reklame, kostuums, dekor, produksie en choreografie.

Mej. Howes het haar deur die jare onvermoeid beywer vir die bevordering van die Universiteit se balletgeselskap in die besonder en vir ballet in Suid-Afrika in die algemeen.

Teen die middel van die vyftigerjare het sy reeds 25 ballette geskryf, waarvan haar Vlei Legend bekroon is. In Julie 1954 het sy 'n Sertifikaat van Verdienstelikheid en 'n geldelike toekenning ontvang "vir haar lang en uitsonderlike dienste aan die ballet".

Onder haar leiding is talle plattelandse toere onderneem en sy het ook van haar dansers oorsee gestuur om in beroemde geselskappe te dans. Verskeie studente van die balletskool het internasionaal beroemd geword en beklee tans belangrike poste op die internasionale ballettoneel: David Poole, Pamela Chrimes en John Cranko is maar drie van 'n hele aantal.

Vroeg in die sestigerjare is die Universiteit se balletgeselskap by KRUIK (Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste) ingelyf. Vir Dulcie Howes was dit net nog 'n stap in die rigting van 'n nasionale balletgeselskap, wat haar eintlike lewensideaal vir ballet in Suid-Afrika gebly het.

Bronnelys

Tags:

Anna Pavlova

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VulvaVrymesselaryMane van GalileiAfrikanerweerstandsbewegingVryheidsdagLetterkunde7de LaanVoorsetselArmoedeverligtingVolstruisEngelandHeupvervangingStudievaardighedePornografiese subgenresE-posMaagOmgewingsbeheerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPerdAanpassingskapasiteitBrandmondsindroomElon MuskAlkoholismeErektiele disfunksieGemeenskapsorganisasieRooibokDemokratiese Republiek die KongoMIV/vigs in Suid-AfrikaIngenieursweseMusieksimboleSeegolfSendelingposisieVerkleurmannetjieNeerslagKunselementeAnale seksKimberleyToringKunsmatige intelligensieDiarreeVerstedelikingWoudPampoentjiesMenstruasieSpeelkaartWieg van die MensdomHartaanvalMonopolieSeksposisieFotosintesePubiese hareSamestellende afleidingPrimêre sektor van die ekonomieVermenigvuldigingTienie HollowaySuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVlagterminologieSkrywerBank (finansiële instelling)Kaaps-Hollandse stylSelSteenkool in Suid-AfrikaKunsRosa ParksDiskriminasieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAkroniemKarakteriseringPussy RiotOnderwerp (taalkunde)Immunologie🡆 More