Duke Ellington

Edward Kennedy Duke Ellington (29 April 1899 – 24 Mei 1974) was 'n Amerikaanse komponis, pianis en die leier van 'n jazz orkes wat hy vanaf 1923 tot sy dood gelei het tydens 'n loopbaan van meer as ses dekades lank.

Duke Ellington
Duke Ellington
Ellington in die 1940's
Agtergrondinligting
GeboortenaamEdward Kennedy Ellington
Gebore(1899-04-29)29 April 1899
Washington, D.C., V.S.A.
Sterf24 Mei 1974 (op 75)
New York Stad, V.S.A.
GenresJazz, swing musiek
Beroep(e)
  • Bandleader
  • Musikant
  • Komponis
InstrumenteKlavier
Jare aktief1914–1974
AssosiasiesBilly Strayhorn
Webwerfdukeellington.com

Hy is gebore in Washington, D.C., maar was vanaf die middel van die 1920's in New York Stad gebaseer. Hy het bekendheid verwerf deur sy orkes se opvoerings by die Cotton Club in Harlem. In the 1930's het sy orkes deur Europa getoer. Alhoewel hy as 'n belangrike figuur in die ontwikkeling van jazz beskou word het Ellington die frase "beyond category" as 'n bevrydende beginsel omhels en na sy musiek verwys as deel van die meer algemene kategorie van Amerikaanse Musiek.

Sommige van die jazzmusikante wat lede van Ellington se orkes was, soos die saxofonis Johnny Hodges, word beskou as een van die beste spelers van die instrument. Die orkes was die bekendste orkes in die geskiedenis van jazz. Sommige lede het vir verskeie dekades deel van die orkes gebly. Ellington was 'n meester wat die skryf van miniature vir die drie-minuut opname-formaat van 78 opm plate betref, en het meer as duisend komposisies geskryf; sy uitgebreide werk maak deel uit van die grootste opgeneemde jazz-nalatenskap wat daar bestaan. Baie van sy stukke het standaardwerke van die jazzrepertorium geword. Hy het ook liedjies opgeneem wat deur sy orkeslede geskryf is, soos byvoorbeeld Juan Tizol se "Caravan" en "Perdido", wat 'n Spaanse kleur aan big band-jazz verleen het. In die vroeë veertigerjare het Ellington begin saamwerk met die komponis, rangskikker en pianis Billy Strayhorn, welke samewerking byna dertig jaar sou duur. Saam met Strayhorn het hy baie uitgebreide komposisies, of suites, asook addisionele kort stukke gekomponeer. Na 'n verskyning tydens die Newport Jazz Festival in Julie 1956 het Ellington en sy orkes 'n groot herlewing geniet en wêreldtoere onderneem. Ellington het opnames gemaak vir die meeste groot Amerikaanse platemaatskappye van sy era en het in verskeie rolprente verskyn en ook 'n handvol musiekblyspele gekomponeer.

Verwysings

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Tags:

1899197424 Mei29 AprilKomponisPianisVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KaliforniëEmfiseemRymKiewieteMaselsBayer 04 LeverkusenAlfabetKolibrieBasterhartbeesEierleierSeksuele penetrasieApostoliese GeloofsbelydenisAardkorsAnale kankerAarverkalkingCarles PuigdemontPad na jou hartKommaGroot vyfMediaWikiEnkelvoudige sinMisdaadDiepaartromboseLys van Suider-Afrikaanse soogdiereArendKnopiespinnekopReënspinnekopSuid-Afrikaanse WeermagSatellietKompasDiskriminasieVaste stofBipolêre gemoedsteuringMikro-ekonomieKwikSuid-Afrikaanse GrensoorlogSeksueel oordraagbare infeksieLys van Afrikaanse rolprenteRoland GarrosEuropaSosiale mediaVerdampingMetaalDesmond TutuLuiperdLegendeMuishondMisdaadromanVloeistofSnaarinstrumentNarsistiese persoonlikheidsteuringAbstraksie (rekenaarwetenskap)Napoleon BonaparteGalileo GalileiVerbruikerBrandmondsindroomSeksLangste woordByvoeglike naamwoordBeurtkragVerenigde KoninkrykPoolsBasisinkomsteMigrasie van diereMIVOutismeSkemerSirkelKoraalrifGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDundermKatDiereriemBoet TroskieAardverwarmingNederduitsch Hervormde KerkNasionale Vrouedag🡆 More