Die Duitse herdershond of wolfhond is 'n intelligente honderas.
Hulle kan maklik opgelei word en word derhalwe gereeld deur mense as soekhonde, waghonde of as troeteldiere gebruik. Hulle word ook algemeen deur polisie- en weermagte aangewend.
Oorsprong | Duitsland | ||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| |||||||||||||||||||||||||||||||||
| |||||||||||||||||||||||||||||||||
Hond (Canis lupus familiaris) |
Duitse herdershonde is slim, gespierd en atleties met 'n droë snoet. Manlike herdershonde (reuns) weeg gewoonlik tussen 30 en 40 kilogram met 'n skofhoogte van 60 tot 65 cm. Die tewe weeg tussen 22 en 32 kilogram en het 'n skofhoogte van 55 tot 60 cm. Hulle kan in 'n wye verskeidenheid van klimaatstoestande leef.
Die ras het tydens die Eerste Wêreldoorlog in Brittanje as die Alsatian bekend geraak. Omdat die land destyds in 'n oorlog met Duitsland gewikkel was, is die Engelse naam (German Shepherd) ten alle koste vermy. Die Duitse diktator Adolf Hitler het self Duitse herdershonde as troeteldiere aangehou.
Wiki Commons bevat media in verband met German Shepherd Dog. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Duitse herdershond, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.