Doegong

Die doegong of doejong is 'n seesoogdier verwant aan die manatees en die kleinste lid van die orde Sirenia (wat ook die lamantyn insluit).

Die naam het sy oorsprong uit die Maleise duyung, wat "dame van die see" of "meermin" beteken. Die dier word net in vlak water aangetref en word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Doegong
Tydperk: Vroeë Eoseen tot onlangs 56–0 m. jaar gelede
Doegong
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Sirenia
Familie:
Dugongidae

Gray, 1821
Subfamilie:
Dugonginae

Simpson, 1932
Genus:
Dugong

Lacépède, 1799
Spesie:
D. dugon
Binomiale naam
Dugong dugon
(Müller, 1776)
Doegong
Natuurlike verspreiding van D. dugon

Identifikasie

Die doegong se totale lengte is tussen 2,5 m en 3 m en weeg tot 400 kg. Die liggaam is sigaarvormig en die dier het vinpote en stertlobbe. Die vinpote is spaanagtig. Daar is nie agterpote nie, net 'n groot vlesige stert wat soos die dolfyn se stert horisontaal afgeplat is. Die velkleur is grysbruin, en is bo 'n bietjie donkerder as onder. Die bek en onderlip is bedek met kort, dik borselhare.

Verspreiding

In Suider-Afrika kom die doegong voor langs die suidkus van Mosambiek, maar enkele swerwers word ook langs die KwaZulu-Natalse kusgebied aangetref. Wêreldwyd het die voorkoms van die soogdiere afgeneem van die hele suidelike gedeelte van die Stille en Indiese Oseaan tot enkele gebiede in Australië, Nieu-Guinee, Palau en klein getalle langs die ooskus van Afrika.

Habitat

Die doegong bewoon slegs vlak, beskutte water naby die kuslyn.

Gedrag

Doegongs is gewoonlik alleenlopers, maar kan ook in pare of familiegroepe voorkom. Hulle swem stadig en kan tot vyf minute lank onderwater bly, alhoewel die gemiddelde duiktog nie veel langer as 'n minuut duur nie.

Kos

Die spesie eet etlike soorte seegras wat voorkom in beskutte, vlak strandbaaie of strandmere.

Voortplanting

Een kalf word tussen November en Januarie voortgebring.

Galery

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • Veldgids tot die soogdiere van Suider-Afrika. Chris en Tilde Stuart. Eerste uitgawe, 1988.
  • Enkele gedeeltes van die Engelse artikel Dugong is ook gebruik.

Eksterne skakels

Tags:

Doegong IdentifikasieDoegong VerspreidingDoegong HabitatDoegong GedragDoegong VoortplantingDoegong GaleryDoegong Sien ookDoegong VerwysingsDoegong BronneDoegong Eksterne skakelsDoegong

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmfiseemWhatsAppIndustriële RevolusieSeksToutrekLionel MessiEerste WêreldoorlogDuitsLeonardo da VinciByDesmond TutuChris HaniMaroela MediaDirekte en Indirekte redeKartografieFacebookSeisoenNarsismeDiskriminasieBrandmondsindroomWaterbesoedelingWitrenosterKangaroeBeesvleisLys van Suid-Afrikaanse skrywersAfrikaEjakulasieMcDonald'sSoortnaamLys van myne in Suid-AfrikaWebjoernaalGeldManie LibbokWaterstofVerkoueNasionale VrouedagOraniaHoofpynSout (chemiese stof)HeupIntensiewe vormDeelwoordRubik se kubusSkilpadNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSuurstofLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAardbewingChristendomBelastingDricus du PlessisKondensasieBlack SashTaalPlaattektoniekDie ontstaan van die dramaEmosieFanie ViljoenSinkSpelerposisies in rugbyKaliumTelevisieRassismeLeeuTweede Nuwe JaarElon MuskOogTatoeëermerkBysteekBruto binnelandse produkSekondêre sektor van die ekonomieWikimedia-stigtingAppelWikiHeuningWet op NaturellengrondMenstruasieGlas🡆 More