Dood Van Mahsa Amini

Op 16 September 2022 het ‘n Iranse vrou genaamd Mahsa Amini (Persies: مهسا امینی), ook bekend as Jina Amini of Zhina Amini, in Teheran, Iran, onder verdagte omstandighede gesterf, moontlik weens polisiebrutaliteit.

Amini is in hegtenis geneem deur die “voorligtingspatrollie”(moraliteitspolisie), 'n sub-eenheid van die Irannese Polisie wat toesig hou oor die openbare implementering van hijab-regulasies, vir die nie-nakoming van haar hijab met regeringstandaarde. Die polisie het gesê sy het skielik hartversaking by 'n stasie gekry, op die vloer geval en na twee dae in 'n koma gesterf. Ooggetuies het gesê sy is geslaan en haar kop het die kant van 'n polisievoertuig getref, wat benewens haar uitgelekte mediese skanderings, ander daartoe gelei het om serebrale bloeding en beroerte te diagnoseer.

Amini se dood het gelei tot 'n reeks grootskaalse betogings regoor die land en het internasionale aandag getrek, insluitend 'n verklaring van die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge, wat 'n fokus geplaas het op geweld teen vroue in die Islamitiese Republiek van Iran. Verskeie leiers, internasionale organisasies en bekendes het kommentaar gelewer op die voorval, Iran se moraliteitspolisie veroordeel vir sy behandeling van vroue en solidariteit met die betogers uitgespreek. Die Verenigde State se departement van die tesourie het verder sanksies teen die moraliteitspolisie en Iranse leiers in verskeie veiligheidsorganisasies opgelê.

In reaksie op die betogings het die regering van Iran nie net die betogings onderdruk nie, betogers met haelkorrels geskiet, traangas en waterkanonne ontplooi, maar ook toegang tot baie toepassings, insluitend Instagram en WhatsApp, geblokkeer, en internettoeganklikheid beperk om die betogers se vermoë om te organiseer te verminder. Dit is dalk die ernstigste internetbeperkings in Iran sedert 2019, toe die internet heeltemal geblokkeer was.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

16 September2022IranPersiesTeheran

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EkonomieAarverkalkingKankerOutismeWetenskaplike klassifikasieDuitse maselsWaterBuffelVrymesselaryIndiese OseaanGenadedoodBysteekVrouElzette MaarschalkTaalEmfiseemAardverwarmingEekhoringHokkieInligtingstegnologieOntbossingKongo-krisisAfleiding (taalkunde)HoofkarakterMaroela MediaLys van Griekse mitologiese figureVlag van Suid-AfrikaAtoomVerantwoordelikheidSkildklierMaagdelikheidRob HersovProteïenMusiekteaterLionel MessiKoorsblaarTussenwerpselNasionale PartyMis (weerkunde)PolisieGeboorteLys van elemente volgens simboolVoëlgriepRenosterLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Lys van Afrikaanse skrywersGeslagsgelykheidKokketielJana CilliersCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKommunismeWinterHoërskool OuteniquaJanie du PlessisWinnie Madikizela-MandelaMolekuulLiefdeMusiekSiya KolisiAllan BoesakInflasieBosluisbytkoorsSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SteentydperkIntensiewe vormAt BothaAdolessensieNoordwesVreesNylrivierRolprentOogprobleme🡆 More