Dirk Mudge: Namibiëse politikus

Dirk Frederik Mudge (16 Januarie 1928 – 26 Augustus 2020) was 'n Namibiese boer en politikus.

Hy het in verskeie hoë posisies in die Suid-Afrikaanse administrasie van Suidwes-Afrika gedien. Hy was die voorsitter van die 1975–1977 Turnhalle Grondwetlike Konferensie, en mede-stigter van die Republikeinse Party sowel as die Demokratiese Turnhalle Alliansie.

Dirk Mudge
Gebore
Dirk Frederik Mudge

(1928-01-16)16 Januarie 1928
Sterf26 Augustus 2020 (op 92)
NasionaliteitVlag van Namibië Namibië
BeroepPolitikus
Politieke partyDemokratiese Turnhalle-alliansie
EggenootStienie Jacobs
Kinders5

Met die Namibiese onafhanklikheid, was Mudge 'n lid van die Wetgewende Vergadering en die eerste Nasionale Vergadering totdat hy in 1993 afgetree het. Mudge was die stigter van Namibië se Afrikaanse dagblad die Republikein en sy uitgewer Namibia Media Holdings. Hy het op die raad van direkteure gedien tot 2008.

Vroeë lewe en opvoeding

Dirk Mudge, 'n Blanke Namibiër van Afrikanerafkoms met gemengde Nederlandse en Duitse voorgeslagte, is op die plaas Rusthof naby Otjiwarongo gebore. Hy was 'n boer van beroep. In 1947 het hy gegradueer aan die Universiteit van Stellenbosch met 'n Baccalaureus Commercii, waarna hy 'n rekenmeester in Windhoek was. Tussen 1952 en 1960 het hy met beeste geboer.

Politieke loopbaan

Tot die 1975–77 Turnhalle-konferensie

In 1955 het Mudge 'n lid van die pro-apartheid Nasionale Party (NP) geword, wat in Suid-Afrika regeer het tussen 1948 en 1994. Hy was een van sewe verkose lede wat Suidwes-Afrika se wit burgers by die Wetgewende Vergadering in 1961 en in die Parlement van Suid-Afrika verteenwoordig het. In 1965 het Mudge 'n lid van die Uitvoerende Komitee vir Suidwes-Afrika geword en dus 'n hoë-posisie administrateur van die gebied. Hy beklee hierdie pos tot 1977.

Toe AH du Plessis, die leier van die Suidwes-Afrika Nasionale Party in 1969 as Minister aangestel is, het Mudge in sy pos as leier van die NP opgetree. Op daardie stadium het hy met die NP se standpunte oor die toekoms van Suidwes-Afrika begin verskil. Hy het 'n vriendskap met Hererohoof Clemens Kapuuo aangeknoop, en het planne bespreek vir 'n selfbestuurde Suidwes-Afrika met destydse eerste minister John Vorster. Hy was ook een van die dryfkragte agter die 1975–77 Turnhalle Grondwetlike Konferensie.

Die Turnhalle Konferensie was 'n poging om deur middel van klein hervormings en kompromieë 'n wye spektrum van die inheemse bevolking se steun te wen vanaf die gewapende SWAPO op daardie tydstip. Die doel was ook om die skeiding van die Suidwes-Afrika-etnisiteite te sement deur die toekomstige staat van Namibië te stig, deur klein, etnies gedefinieerde partye in een groter liggaam saam te voeg teen SWAPO.

Familie

Mudge het uit die politiek getree in April 1993. Hy was getroud met Stienie Jacobs, hulle het vyf kinders en 16 kleinkinders saam. In Mei 2015, op die ouderdom van 86 het hy sy outobiografie gepubliseer, met die titel "Dirk Mudge: Enduit vir ’n onafhanklike Namibië".

Sterfte

Hy is op 26 Augustus 2020 in Mediclinic in Windhoek oorlede in die ouderdom van 92.

Verwysings

Tags:

Dirk Mudge Vroeë lewe en opvoedingDirk Mudge Politieke loopbaanDirk Mudge FamilieDirk Mudge SterfteDirk Mudge VerwysingsDirk MudgeDemokratiese Turnhalle-alliansieNamibiëSuid-AfrikaSuidwes-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van RiebeeckPesachCyril RamaphosaKruisigingTurksvyEuropaGenesisBreinMangelDulcie van den BerghDigvormAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBloedvergiftigingFiksieGewone drolpeerOu Apostoliese KerkOrthopteraPubiese hareCobus RossouwMaagsweerFacebookPeniskankerOrganometaalchemieKoolhidraatGrysstofPieter BiewengaDiarreeLSwedeBreinvliesontstekingTrappe van vergelykingDeelstate van die Verenigde State van AmerikaMuishondRussiese inval in Oekraïne sedert 2022RussiesLabia (geslagsdele)NieuwoudtvilleBaltimoreAkuutStuitjieDuitslandAleksei NawalniTuisbladRugbywêreldbeker 2023Magda van BiljonAnneli van RooyenAgter Elke ManOosters-Ortodokse KerkNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweBorsbeenBywoordLikkewaanJada FireWoordVulkaanJudaïsmeRykie van ReenenGeelsugRefentse MorakeHeliosfeerOrtopedieSirkelBatmanInstagramAalwynParysSonKinderregte🡆 More