Tweevlerkiges

Tweevlerkiges (Diptera) is 'n orde van insekte waaraan alle vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) behoort.

Die naam Diptera is van Grieks afgelei: di = twee, en ptera = vlerke.

Diptera
Tweevlerkiges
Verskillende soorte tweevlerkiges
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Mandibulata
Klas:
Subklas:
Pterygota
Infraklas:
Neoptera
Superorde:
Endopterygota
Orde:
Diptera

Subordes

Tweevlerkiges kom wêreldwyd voor en word deur honderdduisende spesies verteenwoordig, wat in verskillende vorme voorkom en 'n breë spektrum van lewenswyses dek. Vlieë (Brachycera) en muggies (Nematocera) is soms moeilik uitkenbaar, omdat muggieagtige (fyn) vlieë baie soos vliegagtige (grofgeboude) muggies lyk.

Tweevlerkiges
'n Vlieg
Tweevlerkiges
'n Langpoot-muggie

Alle ander ordes van insekte (behalwe die baie klein orde van Strepsiptera) het nul of vier vlerke. Die tweede paar vlerke van tweevlerkiges is tot halters gewysig. Halters is klein, soms knotsvormige orgaantjies agter die vlerke wat veral maklik by langpoot-muggies waargeneem kan word. Net soos ander insekte het die tweevlerkiges een paar pote per borssegment, wat beteken dat hulle ses pote het.

Die tweevlerkiges is een van die suksesvolste ordes van insekte; ongeveer 160 000 spesies is al beskryf. Hulle is dikwels goeie vlieërs met 'n kort lewensduur. Hulle ondergaan 'n volledige gedaanteverwisseling: die larwes wat uit die eiers broei is dikwels pootloos en wurmagtig. Vlieglarwes word maaiers genoem.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Willie EsterhuizenMoslemDemi Lee MooreAfrikaansBloedvergiftigingKoos du PlessisKoue OorlogOu Apostoliese KerkWikimaniaOntlastingPlae van EgipteNoord-KaapBloutongsiekteArmand AucampPoleSeksueel oordraagbare infeksieOutismeDroogteHomoniemAlfabetKasteel die Goeie HoopKolitisSlukdermSterrestelselAuschwitz-konsentrasiekampWikiquoteDie Stem van Suid-AfrikaAleksei NawalniZack du PlessisLys van lande volgens bevolkingVoornaamwoordWeer (meteorologie)IndonesiëEkonomieToorbergBybelvertalingKatErnst Otto FischerGoogle TranslateFritz WepperParysThabo MbekiSuid-AfrikaGriekelandStaat PalestinaPersoonlikheidMieliePiet ByleveldKadmiumSkaakJudaïsmeAfrikaHernubare energieErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2KasterolieVulkaanPesach1991AfghanistanKuberkrakerBloeddrukOrganometaalchemieWaarheid-en-versoeningskommissieOntkiemingBatmanPapegaaieAngkor WatMusieksimbolePersLys van Afrikaanse rolprenteMaag🡆 More