Dion Fortune is gebore as Violet Mary Firth op 6 Desember 1890 in Noord-Wallis.
Die naam Dion Fortune is gebruik as skuilnaam vir 'n reeks artikels en is afgelei van haar familie se leuse "Deo Non Fortuna" wat beteken: "God, nie geluk nie".
Dion Fortune | |
---|---|
Gebore | Violet Mary Firth 6 Desember 1890 Llandudno, Wallis |
Sterf | 8 Januarie 1946 (op 55) |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | okkultis en skrywer |
Sy is 'n psigiater en outeur wat veral bekend is as skrywer van verskeie boeke oor okkultisme, asook romans. Sy het towerkrag en hermetiese beginsels benader vanuit die perspektiewe wat daar gestel is deur Carl Jung en Sigmund Freud.
Een van haar kernbydraes was om die kabbala te verbind aan Westerse mistieke tradisie. Sy was die stigter van: "Die Gemeenskap van innerlike lig". Volgens die boek "The Magical Battle of Britain" het Dion en ander okkultiste deur middel van towerkrag deelgeneem aan die Tweede Wêreldoorlog.
Op 8 Januarie 1946 sterf die 55 jarige Dion aan leukemie in Londen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Dion Fortune, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.