Digital Audio Broadcasting

Digital Audio Broadcasting (kort DAB) is 'n digitale uitsaaistandaard vir die terrestriële ontvangs van radioprogramme.

Dit is geskik vir die frekwensieband tussen 30 MHz en 3 GHz en sluit sodoende ook satelliet- en kabelverspreiding in.

Digital Audio Broadcasting
Die DAB-kenteken
Digital Audio Broadcasting
Die DAB-radio-ontvangstoestel Noxon Nova. Die DAB-uitsaaistandaard maak voorsiening vir bykomende dienste soos radioteks, tyd en programgidse

DAB is in die tydperk tussen 1987 en 2000 deur die Europese Unie se Eureka-147-projek ontwikkel. 'n Meer gesofistikeerde standaard, wat 'n merkbaar hoër oudiokompressie sonder degradering van die gehalte behels, is onder die naam DAB+ bekend gestel. Danksy DAB+ kan meer digitale radioprogramme via dieselfde kanaal versprei word. DAB en DAB+ word vir die publiek ook as Digital Radio bemark.

Vir die digitale kodering en kompressie van gewone DAB-radioprogramme word die standaarde MPEG-1 Laag 2 of MPEG-2 Laag 2 gebruik (die sogenaamde Musicam-metode). DAB+ maak gebruik van die MPEG-4 HE AAC V2-standaard (kort AAC+).

Beskikbaarheid

Digital Audio Broadcasting 
██ Lande waar DAB-programme op 'n gereëlde basis ontvang kan word ██ Lande waar DAB-dienste tans getoets word ██ Lande wat in DAB-tegnologie belangstel ██ Lande waar DAB-dienste intussen gestaak is
Digital Audio Broadcasting 
'n Gekombineerde DAB/FM/AM-radio-ontvanger wat deur TEAC vervaardig is

Radioprogramme in die DAB-standaard word tans orals in Duitsland, Switserland, Suid-Tirol, België, Denemarke en die Verenigde Koninkryk uitgesaai. In Frankryk bly die ontvangs van DAB+ beperk tot enkele stedelike gebiede soos Parys, Marseille en Nice (sedert 2014), en Lille, Lyon en Straatsburg (sedert 2018). In Nederland word die nuwe standaard net streeksgewys aangebied. In Italië het privaat uitsaaiers die inisiatief geneem om DAB-gebaseerde radioprogramme in die metropolitaanse gebiede van Noord-Italië te versprei. In Kanada kon DAB-programme in enkele metropolitaanse gebiede in Ontario, Quebec en Brits-Columbië tot 2011 ontvang word, terwyl Oostenryk tussen 2000 en 2008 toetse op die DAB-uitsaaivermoë gedoen het. Hierdie toetsprogramme is intussen gestaak. DAB-programme is in altesaam 40 lande wêreldwyd beskikbaar en kan deur 'n beraamde 500 miljoen luisteraars ontvang word.

In Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Italiaanse gewes Suid-Tirol is baie FM-dienste reeds na DAB oorgeskakel. Noorweë was die eerste Europese land waar alle radiostasies, wat landswyd ontvang kan word, vroeg in 2017 na die DAB-uitsaaistandaard oorgeskakel het. Noorweë se DAB-netwerk word as die mees uitgebreide ter wêreld beskou, terwyl sowat 85 persent van Noorse huishoudings reeds oor digitale DAB- of DAB+ radiotoestelle beskik. Plaaslike radiostasies sal nog tot in 2022 Programme volgens die FM-standaard uitsaai.

DAB en DAB+ in Suid-Afrika

Suid-Afrika was die eerste Afrikaland waar DAB-toetsdienste in die Band III en die L-Band vanaf 1997 in Johannesburg uitgesaai is. Hierdie toetsprogramme is in November 1999 deur DAB-weergawes van sewe gereëlde FM- en AM-radioprogramme vervang wat oor lisensies vir Gauteng beskik. Die digitale radiokanale word deur openbare en privaat uitsaaiers versprei en bied 'n verskeidenheid programme soos geselsradio, popmusiek, kwaito en klassieke musiek. Een van die programme het vanaf Mei 2000 ook bykomende dienste soos eksperimentele PAD-skyfievertoning en dinamiese etiketdienste aangebied. Danksy die huidige Band III Enkelfrekwensie-netwerk met twee uitsenders, wat in 2001 ingestel is, kan DAB-radioprogramme teoreties deur sowat 18 persent van die Suid-Afrikaanse bevolking ontvang word.

DAB+-toetsprogramme word tans deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in samewerking met die Nasionale Vereniging van Uitsaaiers in Johannesburg en Pretoria uitgesaai. Die DAB+ lisensie vir Johannesburg en Pretoria is in Januarie 2019 verleng vir 'n verdere periode van agt maande.

Sien ook

  • HD Radio, 'n alternatiewe digitale radiostandaard wat in die Verenigde State ontwikkel is

Bronne

  • Fact Sheet DAB+. Gepubliseer deur IMDR - Initiave Marketing Digital Radio / T-Systems International, Bonn, Duitsland

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Digital Audio Broadcasting BeskikbaarheidDigital Audio Broadcasting Sien ookDigital Audio Broadcasting BronneDigital Audio Broadcasting VerwysingsDigital Audio Broadcasting Eksterne skakelsDigital Audio Broadcasting

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

El (lengtemaat)Toekoms van die AardeMenslike penisgrootteKameelSlawernyStresSelfstandige naamwoordSonja HerholdtSarel Jacob PretoriusHibernasieKlimaatveranderingFilosofieMierBySeksueel oordraagbare infeksieGeskiedenis van AfrikaansAnale kankerEreksieOrkney Snork NieKoos KombuisVeeartsByeboerderyHannes van WykMusiekOnderwysGreen PornoMuishondMichael JacksonOntbossingSteve BikoCutt GlasWortelBloeddrukJazzKweekhuiseffekWolkStikstofPseudowetenskapLys van landeSophie SchollBloedvergiftigingVleilandSatellietWaterkringloopVergelykings (taalkunde)HartaanvalSpelerposisies in rugbyMolekuulAfrikaanse woordelys en spelreëlsKonjunktivitisLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMusieksimboleJannie du ToitSoogdierKewerYstervarkSowjetunieVulkaanPornhubKookpuntAdolf HitlerKrapDroomAt BothaInfeksieRooikatLAfro-AmerikanersGroepsgebiedewetTropiese sikloonDeon MeyerOntkiemingBorskankerJohannesburgAluminium🡆 More