Die Windpomp is 'n Afrikaanse rolprent wat op 25 April 2014 in teaters begin draai het en op 12 September 2014 op DVD vrygestel is.
Die film is deur ZenHQ Films en Times Media Films vervaardig. Dit is in Kaapstad in die Wes-Kaap verfilm.
Die Windpomp | |
---|---|
Regisseur | Etienne Fourie |
Draaiboek | Etienne Fourie |
Met | Leandie du Randt Ian Roberts Armand Greylin |
Musiek deur | Johnny de Ridder |
Kinematografie | Johan Prinsloo |
Redigeerder | Mario Kowarz |
Ateljee | ZenHQ Films |
Uitgereik | 25 April 2014 |
Speeltyd | 114 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Amptelike webtuiste | |
IMDb-profiel |
Die Windpomp is aanvanklik in 2011 as 'n kortfilm vir die AFDA-filmskool geskiet. Dit het 11 AFDA-pryse verower waarna dit as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Studente Oscars ingeskryf is. Na hierdie suksesse is daar begin om dit as 'n vollengte rolprent te ontwikkel.
Romantiese drama met elemente van fantasie. Dit het 'n ouderdomsperk van 13 jaar.
Die storie handel oor 17-jarige Hendri wat noodgedwonge op die voorstoep van sy seniele, teruggetrokke oupa in 'n aftree-oord beland. Hendri kom gou agter dat daar soveel meer geheime hier skuil as wat hy ooit sou kon raai en dat die grootste geheim van als hom net dalk die liefde van sy lewe kan kos.
Toekenning | Kategorie | Naam | Uitkoms |
---|---|---|---|
Silwerskermfees Toekennings 2014 (kykNET) | Beste Film | Wen | |
Beste Regisseur | Etienne Fourie | Wen | |
Beste Draaiboek | Etienne Fourie | Wen | |
Beste Kinematografie | Johan Prinsloo | Nominasie | |
Beste Oorspronklike Musiek | Johnny de Ridder | Wen | |
Beste Redigering | Mario Kowarz | Nominasie | |
Beste Akteur | Armand Greyling | Nominasie | |
Beste Aktrise | Leandie du Randt | Nominasie | |
Beste Vroulike Byspeler | Marga van Rooy | Wen |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Die windpomp, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.