Die Laaste Tango

Die Laaste Tango is 'n Afrikaanse rolprent wat op 5 Julie 2013 in teaters begin draai het.

Die film is in Loxton in die Karoo verfilm. Die bekroonde skrywer, Deon Meyer het die draaiboek geskryf en die regie behartig. Die film is sy debuut as rolprentregisseur.

Die Laaste Tango
Regisseur Deon Meyer
Draaiboek Deon Meyer
Met Louw Venter
Antoinette Louw
Marius Weyers
Musiek deur Geo Hoehn
Karien De Waal
Anton Goosen
Lize Beekman
Ateljee Die Karoo-filmmaatskappy
Verspreider Nu Metro Films
Uitgereik 5 Julie 2013
Land Suid-Afrika
Taal Afrikaans
IMDb-profiel

Genre

Die Laaste Tango is 'n spanningsvolle liefdesverhaal propvol intrige. Die ouderdomsperk 12 TG (taal, geweld).

Hoofrolspelers

Storielyn

Herkules de Wet is 'n 34-jarige werkverslaafde speurder. Hy stel 'n lokval vir Basson, 'n psigopaat wat nege vroue grusaam vermoor het. Wanneer hy hom uiteindelik vang, rand hy hom só erg aan dat hy drie jaar se werk en 'n skuldigbevinding in gevaar stel.

De Wet se baas stuur hom na Loxton, 'n afgeleë dorpie in die Bo-Karoo, om af te koel en te wag dat die omstredenheid oorwaai. Hier ontmoet hy vir Ella Winter, 'n mooi, passievolle vrou wat sterwend is aan kanker.

Ella se wens is om nog een laaste keer die tango te dans. De Wet is aanvanklik huiwerig om te leer dans, maar Ella se lewenslus en skoonheid en sy eie begeerte na heling laat hom al hoe dieper betrokke raak.

Intussen ontwaak Basson in die hospitaal en beplan sy wraak teen De Wet. Hy slaag daarin om te ontsnap en sy bloedspoor lei na die Bo-Karoo. Op die nag van die laaste tango, daag die reeksmoordenaar in Loxton op...

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Die Laaste Tango GenreDie Laaste Tango HoofrolspelersDie Laaste Tango StorielynDie Laaste Tango Sien ookDie Laaste Tango Eksterne skakelsDie Laaste Tango20135 JulieAfrikaansDeon MeyerKarooLoxtonRolprent

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkisofrenieJaarWiskundeUKhahlamba-DrakensbergparkWaterbesoedelingMynbedryf van Suid-AfrikaOligopolieNedersettingAfkortingKunsInternetBesoedelingRefentse MorakeDansFiela se kind (rolprent)Chemiese verbindingVrouHartseerWêreld- Ekonomiese ForumDomkragProteïenSydneyAardkorsGenadedoodVormGeskiedenis van die BoererepubliekeDesimale breukeMotorvoertuigRugbyDistillasieWoordeboekLoftus MaraisOnderhandelinge om apartheid te beëindigStaalIngenieursweseWaterkringloopTsoenamiHoofstadAkuut1990GlobaliseringKaapse VlakteKleurVulkaanWeerfrontRosa ParksSuid-Afrika-WetPad na jou hartSwart nasionalismeHortologieDoelwitOlimpiese SomerspeleOutismeSteenkoolGevolge van aardverwarming op oseaneAnale seksSinoniemGoogleWater (molekuul)SwangerskapWeer (meteorologie)PlantluisLeonardo da VinciJan van TonderPrivaat maatskappyApartheidVerenigde State van AmerikaEngelsHeupErektiele disfunksieOrtopedieLys van veltoestandeGianna Michaels🡆 More