Die Laager is ’n klein teaterruimte in die Markteater in Johannesburg wat in Augustus 1978 deur Pieter-Dirk Uys geopen is.
Die konsep was ’n kafeeteater in die kontinentale styl.
Die eerste opvoering in die Laager was Uys se satiriese melodrama Die Van Aardes van Grootoor onder regie van Dawie Malan. Dit is gevolg deur onder meer Uys se Info Scandals (1979), Kafka se Report to the Academy (met Marius Weyers, 1979) en Harvey Fierstein se International Stud (later deel van Torch Song Trilogy, 1979).
Van die voorste toneelstukke in Suid-Afrikaanse teater is al hier aangebied.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Laager, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.