Die As

Die As (Engels: the Ashes) is die naam van ’n kompetisie tussen die nasionale krieketspanne van Engeland en Australië.

Hierdie toetsreeks word sedert 1882 elke twee jaar afwisselend in die twee lande gehou. Krieket is ’n somersport en as gevolg van die verskil in halfronde word die wedstryde effektiewelik elke agtien of dertig maande aangebied. Dit is een van krieket se internasionale kompetisies met die meeste wedywering.

Die As
2025–26
Beskrywing.
Die urn wat die as bevat, by die MCC-museum op Lord’s; ’n replika word aan die kaptein van die wenspan oorhandig.

Sportsoort Toetskrieket
Gestig 1882–83
Eienaar Internasionale Krieketraad
Inwydingseisoen 1882–83
Deelnemende lande Vlag van Australië Australië
Vlag van Engeland Engeland
Aantal spanne 2
Mees onlangse kampioen Vlag van Australië Australië (2023)
Die As
Die “doodsberig” wat in 1882 in The Sporting Times verskyn het

Op hierdie oomblik bestaan Die As uit vyf toetswedstryde van twee beurte per land. In die winter van 2013–14 is die reeks net enkele maande ná die vorige reeks gehou, sodat die vierjaarlikse wedstryd in Australië nie met die Krieketwêreldbeker 2015 sou saamval nie. Die 2019-reeks in Engeland is net enkele weke ná die Krieketwêreldbeker 2019 gehou, wat deur Engeland gewen is.

Oorsprong van die naam

Die naam het sy oorsprong in ’n kammakastige “doodsberig” wat in 1882 in ’n destydse Britse koerant, The Sporting Times, verskyn het. Daarin is Engeland se destydse krieketnederlaag teen Australië op die beroemde Londense krieketveld die Oval spottenderwys as die dood van Engelse krieket voorgestel. Die koerant het geskryf dat “Die lyk sal veras en die as na Australië geneem word”. Joernaliste het nie op hulle laat wag nie en het die daaropvolgende Engelse toer na Australië as die stryd om die “As” te herwin beskryf (The quest to regain The Ashes). Ten tye van die toer is ’n kleinerige urn, wat as van ’n onsekere herkoms bevat, deur ’n groep vroue van Melbourne in Australië, aan die besoekende Engelse krieketkaptein oorhandig. Hierdie urn kan in die MCC Museum op die Lord’s Krieketgronde in Londen besigtig word.

Uitslae

Die As 
Fred Spofforth, “The Demon Bowler”, wat ’n belangrike rol in die Australiese 1882-oorwinning oor Engeland met 14 paaltjies vir 90 lopies gespeel het
Die As 
Ivo Bligh was tydens die eerste As-reeks Engeland se kaptein
Die As 
Jack Hobbs (links) en Herbert Sutcliffe was twee van Engeland se suksesvolste kolwers in die As
Die As 
Donald Bradman (links), wie meer lopies as enige ander krieketspeler tydens die As-reeks aangeteken het, tydens die loot van die eerste toets van die 1936–37 As, saam met Gubby Allen.
Die As 
Shane Warne het oor 14 jaar vir Australië tydens die As uitgedraf, en ’n rekord van 195 paaltjies geneem.
Reeks Jaar Gasheer Eerste wedstryd Toetse Australië Engeland Gelyk Uitslag Houer Verw
1 1882–83 Australië 30 Desember 1882 3 1 2 0 Engeland Engeland
2 1884 Engeland 11 Julie 1884 3 0 1 2 Engeland Engeland
3 1884–85 Australië 12 Desember 1884 5 2 3 0 Engeland Engeland
4 1886 Engeland 5 Julie 1886 3 0 3 0 Engeland Engeland
5 1886–87 Australië 28 Januarie 1887 2 0 2 0 Engeland Engeland
6 1887–88 Australië 10 Februarie 1888 1 0 1 0 Engeland Engeland
7 1888 Engeland 16 Julie 1888 3 1 2 0 Engeland Engeland
8 1890 Engeland 21 Julie 1890 2 (3) 0 2 0 Engeland Engeland
9 1891–92 Australië 1 Januarie 1892 3 2 1 0 Australië Australië
10 1893 Engeland 17 Julie 1893 3 0 1 2 Engeland Engeland
11 1894–95 Australië 14 Desember 1894 5 2 3 0 Engeland Engeland
12 1896 Engeland 22 Junie 1896 3 1 2 0 Engeland Engeland
13 1897–98 Australië 13 Desember 1897 5 4 1 0 Australië Australië
14 1899 Engeland 1 Junie 1899 5 1 0 4 Australië Australië
15 1901–02 Australië 13 Desember 1901 5 4 1 0 Australië Australië
16 1902 Engeland 29 Mei 1902 5 2 1 2 Australië Australië
17 1903–04 Australië 11 Desember 1903 5 2 3 0 Engeland Engeland
18 1905 Engeland 29 Mei 1905 5 0 2 3 Engeland Engeland
19 1907–08 Australië 13 Desember 1907 5 4 1 0 Australië Australië
20 1909 Engeland 27 Mei 1909 5 2 1 2 Australië Australië
21 1911–12 Australië 15 Desember 1911 5 1 4 0 Engeland Engeland
22 1912 Engeland 27 Mei 1912 3 0 1 2 Engeland Engeland
23 1920–21 Australië 17 Desember 1920 5 5 0 0 Australië Australië
24 1921 Engeland 28 Mei 1921 5 3 0 2 Australië Australië
25 1924–25 Australië 19 Desember 1924 5 4 1 0 Australië Australië
26 1926 Engeland 12 Junie 1926 5 0 1 4 Engeland Engeland
27 1928–29 Australië 30 November 1928 5 1 4 0 Engeland Engeland
28 1930 Engeland 13 Junie 1930 5 2 1 2 Australië Australië
29 1932–33 Australië 2 Desember 1932 5 1 4 0 Engeland Engeland
30 1934 Engeland 8 Junie 1934 5 2 1 2 Australië Australië
31 1936–37 Australië 4 Desember 1936 5 3 2 0 Australië Australië
32 1938 Engeland 10 Junie 1938 4 (5) 1 1 2 Gelyk Australië
33 1946–47 Australië 29 November 1946 5 3 0 2 Australië Australië
34 1948 Engeland 10 Junie 1948 5 4 0 1 Australië Australië
35 1950–51 Australië 1 Desember 1950 5 4 1 0 Australië Australië
36 1953 Engeland 11 Junie 1953 5 0 1 4 Engeland Engeland
37 1954–55 Australië 26 November 1954 5 1 3 1 Engeland Engeland
38 1956 Engeland 7 Junie 1956 5 1 2 2 Engeland Engeland
39 1958–59 Australië 5 Desember 1958 5 4 0 1 Australië Australië
40 1961 Engeland 8 Junie 1961 5 2 1 2 Australië Australië
41 1962–63 Australië 30 November 1962 5 1 1 3 Gelyk Australië
42 1964 Engeland 4 Junie 1964 5 1 0 4 Australië Australië
43 1965–66 Australië 10 Desember 1965 5 1 1 3 Gelyk Australië
44 1968 Engeland 6 Junie 1968 5 1 1 3 Gelyk Australië
45 1970–71 Australië 27 November 1970 6 (7) 0 2 4 Engeland Engeland
46 1972 Engeland 8 Junie 1972 5 2 2 1 Gelyk Engeland
47 1974–75 Australië 29 November 1974 6 4 1 1 Australië Australië
48 1975 Engeland 10 Julie 1975 4 1 0 3 Australië Australië
49 1977 Engeland 16 Junie 1977 5 0 3 2 Engeland Engeland
50 1978–79 Australië 1 Desember 1978 6 1 5 0 Engeland Engeland
51 1981 Engeland 18 Junie 1981 6 1 3 2 Engeland Engeland
52 1982–83 Australië 12 November 1982 5 2 1 2 Australië Australië
53 1985 Engeland 13 Junie 1985 6 1 3 2 Engeland Engeland
54 1986–87 Australië 14 November 1986 5 1 2 2 Engeland Engeland
55 1989 Engeland 8 Junie 1989 6 4 0 2 Australië Australië
56 1990–91 Australië 23 November 1990 5 3 0 2 Australië Australië
57 1993 Engeland 3 Junie 1993 6 4 1 1 Australië Australië
58 1994–95 Australië 25 November 1994 5 3 1 1 Australië Australië
59 1997 Engeland 5 Junie 1997 6 3 2 1 Australië Australië
60 1998–99 Australië 20 November 1998 5 3 1 1 Australië Australië
61 2001 Engeland 5 Julie 2001 5 4 1 0 Australië Australië
62 2002–03 Australië 7 November 2002 5 4 1 0 Australië Australië
63 2005 Engeland 21 Julie 2005 5 1 2 2 Engeland Engeland
64 2006–07 Australië 23 November 2006 5 5 0 0 Australië Australië
65 2009 Engeland 8 Julie 2009 5 1 2 2 Engeland Engeland
66 2010–11 Australië 25 November 2010 5 1 3 1 Engeland Engeland
67 2013 Engeland 10 Julie 2013 5 0 3 2 Engeland Engeland
68 2013–14 Australië 21 November 2013 5 5 0 0 Australië Australië
69 2015 Engeland 8 Julie 2015 5 2 3 0 Engeland Engeland
70 2017–18 Australië 23 November 2017 5 4 0 1 Australië Australië
71 2019 Engeland 1 Augustus 2019 5 2 2 1 Gelyk Australië
72 2021–22 Australië 8 Desember 2021 5 4 0 1 Australië Australië
71 2019 Engeland 16 Junie 2023 5 2 2 1 Gelyk Australië

Algeheel

Gespeel Gewen deur
Australië
Gewen deur
Engeland
Onbeslis
Alle toetswedstryde 345 142 (41,2%) 110 (31,9%) 93 (27,0%)
Toetse in Australië 172 90 (52,3%) 56 (32,6%) 26 (15,1%)
Toetse in Engeland 173 52 (30,1%) 55 (31,2%) 67 (38,7%)
Alle reekse 73 34 (46,6%) 32 (43,8%) 7 (9,6%)
Reekse in Australië 36 20 (54,3%) 14 (40,0%) 2 (5,7%)
Reekse in Engeland 37 14 (37,8%) 18 (48,6%) 5 (13,5%)
Korrek teen 1 Augustus 2023

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Die As Oorsprong van die naamDie As UitslaeDie As VerwysingsDie As Eksterne skakelsDie AsAustraliese nasionale krieketspanEngelsEngelse nasionale krieketspanHalfrondKrieketSomerToetskrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Beenbreuke en ontwrigtingsPlantHannes van WykNarsismeHoofpynKliniese depressieBesoedelingSkisofrenieBreingewasMisdaadApostelGriekse mitologieMaatskappyJaco JacobsEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaTrekarbeidKoos BekkerLys van musiekinstrumenteJode in Suid-AfrikaFrankrykHoenderSebraGreen PornoRenteSaldanhabaaiElektrisiteitsvoorsieningOseaanbesoedelingDikdermHomofoonKinderregteEjakulasieInternetBaälTydVergelykings (taalkunde)Hernubare energieProsaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KweekhuiseffekGeografie van Suid-AfrikaKarakteriseringMartin Luther King jr.FosforFranklin D. RooseveltBoer Soek 'n VrouAgtervoegselLionel MessiHeidelberg, GautengCorioliskragEkonomieNuwe TestamentPikkewynValentynsdagJan van HunksBloemfonteinGroot TrekDepressie (gemoedstoestand)MusieksimboleDiskriminasieMaanTrappe van vergelykingHidroëlektrisiteitVermontHartaanvalHipoteseMantisNetbalKameelperdMaagNatuurlike hulpbronNederlandsAkademiaBywoordWaarheid-en-versoeningskommissieIntensiewe vormTurksvyMeningsverskil oor aardverwarming🡆 More