Die Afrikaanse Patriot

Die Afrikaanse Patriot was die eerste Afrikaanse koerant.

Die eerste uitgawe is op 15 Januarie 1876 onder redaksie van C.P. Hoogenhout in die Paarl gepubliseer, hoofsaaklik as mondstuk van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA). Dit was aanvanklik 'n maandelikse tydskrif, maar is twee jaar later in 'n weeklikse publikasie omskep.

Die Afrikaanse Patriot
Voorblad van "Die Afrikaanse Patriot", 'n koerant in 'n vroeë vorm van die Afrikaanse taal.

Die eerste uitgawe het slegs 50 intekenaars gehad. Die koerant is sterk veroordeel omdat dit Afrikaans as 'n literêre taal bevorder het. Destyds is Afrikaans as 'n kombuisweergawe van Nederlands beskou. Teen die derde jaar het die aantal inskrywings na 3 000 gestyg. Die ondersteuning was hoofsaaklik aan die lesers in die Transvaalse Republiek te danke.

Die koerant het baie van sy lesers in 1892 verloor nadat dit Cecil Rhodes in sy konflik teen Paul Kruger, destyds die president van Transvaal, ondersteun het. Die Afrikaanse Patriot moes uiteindelik sy deure in 1904 sluit.

Die Afrikaanse Patriot is later deur die Paarl Post opgevolg.

Verwysings

Tags:

15 Januarie1876AfrikaansC.P. HoogenhoutGenootskap van Regte AfrikanersKoerantPaarl

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erfenisdag (Suid-Afrika)Lys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierBrongitisMynbouAnale kankerAssonansieHidroëlektrisiteitSwart nasionalismeStereotipeBuffelJak de PriesterSuid-AfrikaMaroela MediaEkonomieMobutu Sese SekoNylrivierOorlogAppel (sanger)KindermishandelingBloedsomloopstelselMensGNU/FDL-lisensieProsaSuiwelprodukRolprentSophie SchollJohannesburgProvinsies van Suid-AfrikaSywurmDanie du ToitLyfstraf in skoleDikdermAfrikaanse TaalmonumentSeksuele opwekkingISO 3166-2Seksueel oordraagbare infeksieNasionalismeSeksSonLuiperdOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMagnesiumSwemRonelda KamferCSSBynierVerkragtingMarkenGqeberhaSosiale mediaBalletHemelvaartMaagdelikheidSeksuele penetrasieCorioliskragAfrikaanse woordelys en spelreëlsVraag en aanbodWindkragLys van landeXenofobie2024 Chinese Grand PrixSoogdierBorskankerKompasAndré JacobsSlag van Cuito CuanavaleApartheidBeurtkragErfenisHulpwerkwoordVoorvoegselKlimaatsverandering in Suid-AfrikaPomeloBaarmoeder🡆 More