Sekelbos (Dichrostachys cinerea) – ook bekend as die kleinblaarsekelbos (Dichrostachys cinerea subsp.
africana) – is 'n klein boompie (hoogstens 5 m hoog) in die Fabaceae familie.
Sekelbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Dichrostachys |
Spesie: | D. cinerea |
Binomiale naam | |
Dichrostachys cinerea (L.) Wight & Arn., (1834) | |
Sinonieme | |
Die FSA-nommer van die boom is 190.
Die 4 cm lange blom-aar se pienk gedeelte bestaan uit onvrugbare blomme en die geel gedeelte uit vrugbare tweeslagtige blomme. Die plat, donkerbruin peule kan tot 7 cm lank en 1 cm breed word. Hulle bars nie oop nie en val in trosse af. Die peule word deur grootvee en wild gevreet.
Die spesie kom voor in Australië, deur Mianmar en Indië tot in Afrika. In Suid-Afrika word dit aangetref in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en die Oos-Kaap. Dit is volop in grasryke bosveld.
In die res van Afrika is die plant inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Demokratiese Republiek die Kongo, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kaap Verde, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mauritanië, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Senegal, Somalië, Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Buite Afrika is die spesie ook inheems in Indië, Java, Jemen, Klein-Soenda-eilande, Mianmar, Noordelike Gebied, Oman, Saoedi-Arabië, Sierra Leone, Soematra en Sri Lanka.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sekelbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.