Dewald Wasserfall

Dewald Wasserfall (gebore 11 Oktober 1984; Empangeni, KwaZulu-Natal) is ’n Afrikaanse sanger.

Hy was voorheen lid van die rockgroep Wasserfall. Die groep het in 2011 ontbind en Dewald volg sedertdien ’n sololoopbaan.

Dewald Wasserfall
Gebore11 Oktober 1984 (1984-10-11) (39 jaar oud)
Empangeni, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika
GenresRock
Beroep(e)Sanger
InstrumenteStem, kitaar
Jare aktief2011 – tans
EtiketteOnafhanklik
Webwerfwww.dewaldw.co.za

Sy eerste soloalbum was Vergeet Wat Jy Weet van Liefde, wat in 2012 uitgereik is en platinumstatus behaal het met die treffers “Eendag As Ons Groot Is”, “Sewentien” en “Vergeet Wat Jy Weet van Liefde”. Sy volgende album, Ek en Jy, het goue status behaal en ’n Sama gewen vir beste kontemporêre musiekalbum. Dit het ook vier Ghoema-benoemings en ’n Tempo-benoeming gekry. Sy nuutste album is Jy Is die Storm.

Wasserfall was die mentor van Ivan Roux en Deidré Barnard in die realiteitsmusiekkompetisie Die Kontrak wat op VIA op DStv uitgesaai is. Die Kontrak volg 'n wedloop vir 'n kontrak van ’n miljoen rand wat op die uiteindelike wenner wag. Wasserfall se liedjie "Nuwe Begin" was die program se temalied.

Diskografie

Albums

  • 2012: Vergeet Wat Jy Weet van Liefde
  • 2014: Ek en Jy
  • 2016: Jy Is die Storm
  • 2019 : Elektrisiteit

Enkelspelers

  • 2018: Nuwe Begin (Temalied Van Die Kontrak)
  • 2021: “Oorleef”
  • 2022: “Bedoel”

Filmografie

Rolprente

Televisiereekse

  • 2007: Reise & Soetkyse as mede-aanbieder
  • 2018: Die Kontrak as homself

Kortfilms

  • 2013: Eendag As Ons Groot Is: Dewald Wasserfall as onderwyser

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Dewald Wasserfall DiskografieDewald Wasserfall FilmografieDewald Wasserfall VerwysingsDewald Wasserfall BronneDewald Wasserfall Eksterne skakelsDewald Wasserfall11 Oktober1984AfrikaansEmpangeniKwaZulu-NatalRockSangerWasserfall

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vaste stofWerkwoordAppendiksDroogteLys van Nederlandse skildersVoorvoegselChroniese siekteDie Stem van Suid-AfrikaDokterJavaScriptOrale seksElon MuskBruto binnelandse produkLika BerningProstaatkankerJewgeni PrigozjinJapie GreylingNierWilna SnymanDuitsSwangerskapNiemetaalSuid-Afrikaanse GrensoorlogSuurreënKnieDesimale breukeAfrikaanse taalleerVoedingNiersteenLys van Joodse feeste en herdenkingsMiddelmisbruikVarkgriepVars waterTaalNoord-KaapBlaarOlimpiese SpeleD.J. OppermanLugbesoedelingTweede VryheidsoorlogHoofpynBruin huisslangPropagandaOutismeRenaissanceSkynprivaatnetwerkFabelTolla van der MerweSuid-Afrikaanse WeermagAB de VilliersLeierVulkanismeEweknienetwerkGroot-VisrivierHoofkarakterMartin Luther King jr.NavorsingDrinkwatervoorsieningDierMuishondFacebookRefentse MorakePlae van EgipteAppel (sanger)AarverkalkingBloemfonteinKoos BekkerBladwisselendGoogle TranslateEthiopiëNasiebouTopsy SmithKarooAvbobUnited Democratic FrontSeksisme🡆 More