Dessau-Roßlau

Dessau-Roßlau is 'n selfregerende stad in die Duitse deelstaat Sakse-Anhalt.

Die stad het as gevolg van 'n administratiewe hervorming op 1 Julie 2007 met die samesmelting van Dessau en Roßlau ontstaan en is tans die derde grootste stad in Sakse-Anhalt ná Halle en Maagdeburg. Die grootste stede in die omgewing is Halle (40 kilometer suid van Dessau-Roßlau), Leipzig (52 kilometer suidoos van Dessau-Roßlau) en Maagdenburg (sowat 65 kilometer noordwes van die stad).

Dessau-Roßlau
Dessau-Roßlau

Kaart Wapen
Dessau-Roßlau
Dessau-Roßlau
Vlag
Dessau-Roßlau
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Dessau-Roßlau Sakse-Anhalt
 Koördinate 51°15′N 12°15′O / 51.250°N 12.250°O / 51.250; 12.250
 Stigting Laat 12de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 244,79 vk km
 Hoogte bo seevlak 59 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2022) 79 655
 - Bevolkingsdigtheid 325/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur
 - Gem. temp. Januarie/Julie
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag
 Burgemeester Robert Reck (onafhanklik)
 Amptelike webwerf dessau-rosslau.de
Dessau-Roßlau
Gerekonstrueerde vooraansig van die Bauhaus Dessau, ontwerp deur Walter Gropius
Dessau-Roßlau
Die Dessau-Wörlitzse Tuinryk

In historiese opsig was Dessau die hoofstad van die vorste- en latere hertogdom Anhalt-Dessau en Anhalt. Dessau was sedert die 18de eeu – toe dit tot een van die beduidendste sentra van die Duitse verligting ontwikkel het – 'n bakermat van belangrike vernuwings en ontwikkelinge op sosiale, ekonomiese en opvoedkundige gebied. Die harmoniese wêreld van tuine, parke en slotte, die sogenaamde Dessau-Wörlitzse Tuinryk in die rivierlandskap tussen Elbe en Mulde, dateer uit die 18de eeu. Die Dessau-Wörlitzse Tuinryk is in 2000 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Later het die bekende Duitse nyweraar en lugvaartpionier Hugo Junker sy vliegtuie in Dessau vervaardig en 'n nuwe tydperk in die geskiedenis van die lugvaart ingelui. Met die befaamde kunsskool Bauhaus het Dessau 'n groot invloed op die internasionale argitektuur, kuns en ontwerp uitgeoefen. Die Bauhaus Dessau is in 1996 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Dessau-Roßlau is ná Weimar net een van twee Duitse stede wat twee Unesco-wêrelderfenisgebiede huisves. Net Berlyn het drie inskrywings.

Die gebied van Leipzig-Halle-Dessau is tans een van die beduidendste ekonomiese groeipunte in die oostelike deelstate van Duitsland. Dessau is die setel van belangrike instellings van die deelstaat Sakse-Anhalt en die Duitse Federale Buro vir Omgewingsake (Duits: Umweltbundesamt).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

DuitslandHalle, Sakse-AnhaltLeipzigMaagdeburgSakse-Anhalt

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HulpwerkwoordBloemfonteinSeksueel oordraagbare infeksieYstervarkKwaZulu-NatalPseudowetenskapAalwynBloedsomloopstelselNarsismeOnderhandelinge om apartheid te beëindigKuberkrakerAardeRacheltjie de BeerKriekIronieEkonomieEmosieGordelroosVersoeningsdagAsemhalingPriemgetalOopbroninhoudOos-KaapWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaFinale OplossingLiewe HeksieWes-KaapRassisme in AfrikaRobbeneilandNeonMenslike seksuele gedragBreinvliesontstekingSosiale ordeAspoestertjieEkostelselKoorsPolisieEufemismeResensieBreinMobutu Sese SekoKindersiektesWaarheid-en-versoeningskommissieZoeloesIslamitiese StaatTafelbergChristendomSeksismeEnsiklopedieAngina pectorisChris HaniJanie du PlessisPornhubSuid-AfrikaSinoniemGoudkus (streek)Maroela MediaBoelieryIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieKostuumsReg tot ‘n gesonde omgewingEnkelvoudige sinAppelKookpuntVerdampingInternetLarry PageVergelykings (taalkunde)VliegtuigHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPlaattektoniekLimpopo (rivier)Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPaarl GimnasiumKindermishandelingGroot TrekWet op Verbod van Gemengde Huwelike🡆 More