Despatch

Despatch is 'n dorp in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, geleë aan die suidoewer van die Swartkopsrivier tussen Port Elizabeth en Uitenhage.

Despatch
Despatch is in Oos-Kaap
Despatch
Despatch
Despatch Despatch se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 33°48′5.57″S 25°28′36.41″O / 33.8015472°S 25.4767806°O / -33.8015472; 25.4767806 25°28′36.41″O / 33.8015472°S 25.4767806°O / -33.8015472; 25.4767806
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
MunisipaliteitNelson Mandelabaai
Regering
 • TipeDeel van 'n Metropolitaanse Munisipaliteit
 • BurgemeesterRetief Odendaal (DA)
Oppervlak
 • Totaal19,65 km2 (7,59 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal39 619
 • Digtheid2 016/km2 (5 220/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense44.7%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense17.8%
 • Swart mense36.9%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 59.7%
 • Xhosa 33.2%
 • Engels 5.1%
 • Ander 2.0%
Poskode (strate)
6220
Poskode (posbusse)
6219
Skakelkode041

Geskiedenis

Despatch het sy oorsprong in die plaaslike baksteenmakerye van die 19de eeu. Een van die vroeëre hoogoonde se skoorstene staan nog steeds, en ook Despatch se munisipale wapen pronk met 'n skoorsteen. Die naam is afgelei van die versending (despatching) van bakstene van hier na ander plekke. ’n Poging om die naam te verander na John Vorster, ter ere van Balthazar John Vorster (1915–1983), eerste minister van die Republiek van Suid-Afrika van 1966 tot 1978, het misluk.

Ná ’n beskeie begin op 3 Julie 1942, toe met die aanleg van Despatch tussen Port Elizabeth en Uitenhage ’n aanvang gemaak is, het die dorp binne anderhalf dekade ’n stadsraad, hoërskool en nuwe NG kerk gekry, terwyl elektrisiteit en water ook spoedig aangelê is.

Despatch is op 4 Desember 1942, vyf maande ná sy stigting, deur die destydse adjunk-administrateur van Kaapland, J.D. de Villiers, tot ’n dorpsbestuur geproklameer met ’n raad van ses lede. Die eerste voorsitter van die dorpsbestuur was R.J. Fourie, wat ook in 1945, toe administrateur, G.B. van Zyl, die dorp tot ’n munisipaliteit verklaar het, die eerste burgemeester was. Die eerste deeltydse sekretaris van die dorpsbestuur was M.C. du Plessis, wat later lank sekretaris van die Afdelingsraad van Uitenhage was.

Vanaf sy dorpsbestuur met ses lede, wat destyds hul eerste vergaderings in ’n ou motorhuis gehou het, het Despatch binne 15 jaar ontwikkel tot ’n stadsraad met nege lede en ’n munisipale personeel van twaalf wit amptenare, van wie vier senior departementshoofde was, asook sowat dertig werknemers van ander rasse. Die dorp het spoedig sy eie stadsklerk, stadstesourier, gesondheidsbeampte en stads- en elektrisiteitsingenieur gehad.

Aan die begin was die omgewing nog “wild” en onontwikkeld. ’n Sprekende bewys hiervan is uit die notule van die destydse dorpsbestuur geneem. Op 9 Julie 1943, sowat ’n jaar nadat die dorp gestig is, het ’n sekere inwoner die “jagtersbloed in sy are voel bruis” en in ’n brief aan die dorpsbestuur aansoek gedoen om wild te skiet op die dorpsmeent. Daar word nie gemeld hoeveel “wild” die jagter neergetrek het nie. Maar Despatch is ook vanaf sy ontstaan erg lastig geval deur rondloperhonde, want op die heel eerste vergadering van die dorpsbestuur, op 4 Desember 1942, is besluit om dadelik die moontlikheid te laat ondersoek om hondebelasting in te stel. Dat daar egter ook baie ander rondlopers was wat erg gepla het, blyk uit die feit dat daar op 8 Februarie van die volgende jaar, 1943, aansoek gedoen is vir die bou van ’n skut.

Despatch staan vandag bekend vir sy jaarlikse Rose-skou, wat in Oktober plaasvind, en sy kunstefees.

Die Frans Claassen-brug oor die Swartkopsrivier tussen Despatch en Uitenhage dateer uit 1965.

Sien ook

Bron

  • Boyens, H. en Boyens, A. (opstellers). 1956. Album van S.A. volksfigure en prominente persone. Springs: Historiese Uitgewers.

Verwysings

Tags:

Despatch GeskiedenisDespatch Sien ookDespatch BronDespatch VerwysingsDespatchDorpOos-KaapPort ElizabethSuid-AfrikaSwartkopsrivierUitenhage

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfghanistanW3CLandbouDermpoliepTeologieDundermWillie EsterhuizenFilosofieCristiano RonaldoVlag van BangladesjHoërskool NoordheuwelBywoordBaardskeerder-spinnekopInhoudPenisOorlog in Soedan (sedert 2023)KriekMensGriepSonsteekOogproblemeAnale seksApostoliese GeloofsendingVerkleinwoordLys van nedersettings in Suid-AfrikaWladimir PoetinPornografieJodeKopieregInternetGeurmiddelSiembambaJesus van NasaretBreinvliesontstekingKlitorisMaroela MediaFrankrykKarlien van JaarsveldErnst Otto FischerBloedvergiftigingNatuurbewaringPerdOlifantDonker materieSuid-Afrikaanse PolisiediensParysBysteekJan van RiebeeckVier temperamenteOnderwys in Suid-AfrikaLimfvatstelselBrasiliaanse nasionale rugbyspanBoeberPornografiese subgenresKlankverskynselsMartin BesterKunsmatige intelligensieWeer (meteorologie)Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJerusalemPoësieSteenkoolOlimpiese godeKolitisVersamelnaamGNU-lisensie vir vrye dokumentasieLetterkundeAnette EngelbrechtPaddaWiki CommonsSusan CoetzerSeksueel oordraagbare infeksieNAVOMenslike seksuele gedragBloutongsiekteSlaapapnee🡆 More