Desiré Gardner: Suid-Afrikaanse aktrise

Desiré Gardner, neé Manthey, gebore 15 Desember 1985, Bethlehem, Vrystaat is 'n Suid-Afrikaanse aktrise.

Sy was aanvanklik bekend as Desiré Manthey, maar het haar van na Gardner verander, haar man, Chris, s'n. Sy is veral bekend vir haar rol as die verpleegster Daleen Oosthuizen in die kykNET-sepie Binnelanders, waarin sy tot Desember 2015 gespeel het. Daarna het sy in Suidooster, ook op kykNET, begin speel.

Desiré Gardner
Geboorte 15 Desember 1985
Bethlehem
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Toekennings Golden Horn Award for Best Supporting Actress in a Feature Film - Roepman - 2012
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sy begin haar skoolloopbaan in Bloemfontein en matrikuleer in 2003 aan die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. In 2006 voltooi sy haar B.A.-graad in Drama aan die Universiteit van Pretoria. Sy ontvang lidmaatskap van die Golden Key-groep wat die 15% beste studente vanuit universiteite werf in 2004. In 2007 voltooi sy haar sertifikaat in Film-opleiding by Starstruck – School of Acting. Na haar studies het Gardner vir 'n maatskappy gewerk wat poppekasteater vir voorskoolse kinders en kinderpartytjies gedoen het. In Junie 2007 het sy die rol van Fly vertolk in die produksie, Babe, by die People’s Theatre.

In 2008 het sy die rol van Ansie in die SABC2-sepie, 7de Laan, vertolk. In April 2008 het sy die rol van Daleen in Binnelanders vertolk en het die produksie in 2015 verlaat om by die kykNET-sepie Suidooster aan te sluit wat in Kaapstad verfilm word.

Persoonlike lewe

Desiré het twee kinders, Robin en James en woon in Melkbosstrand in die Wes-Kaap.

Film

  • Oorgang; kort film; vertolk die rol van Jean (2016)
  • Van Agter die Deur; kort film; vertolk die rol van Liza Muller (2015)
  • Wolwedans in die skemer, vertolk die rol van Adelle (2015)
  • Roepman, vertolk die rol van Erika Rademan (2011)
  • These are People, vertolk die rol van ʼn lugwaardin

Televisie

  • Proesstraat, speel haarself
  • 7de Laan, vertolk die rol van Ansie
  • Usindiso, vertolk die rol van Melinda
  • Binnelanders; Seisoen 4 tot 11; Vertolk die rol van Daleen Oosthuizen (2008 – 2015)
  • Suidooster; Seisoen 1 tot 5; vertolk die rol van Carmen (2015 – tans)

Teater

  • Magda Louw, vertolk die rol van Magda; regie: Hannes van Wyk
  • Gepiekel, vertolk die rol van Laura; regie: Henry Milne
  • Noises Off!, vertolk die rol van Belinda/Flavia; regie: Pieter Bosch Botha
  • Parys Suite, vertolk verskeie rolle; regie: Abri le Roux
  • Hardloop Dominee, vertolk die rol van Mev. Dominee; regie: Shareen Swart
  • Frog Prince and Other Stories, vertolk verskeie rolle; regie: Keith Smith & Jill Gerhard
  • Babe, vertolk die rol van Fly; regie Keith Smith & Jill Gerhard
  • Heidi, vertolk die rol van Heidi; regie Pieter Barnard
  • Beld, vertolk die hoofrol (eenvrouvertoning); regie Jurgens N. Smuts
  • Our Town, vertolk die rol van Emily; regie: Abri le Roux
  • Chamber Music, vertolk die rol van Pearl White; regie: Rian Terreblanche

Toekennings

  • Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2015)
  • SAFTA-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2015)
  • Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2014)
  • Tempo-nominasie: Beste Aktrise in 'n sepie, vir Binnelanders (2013)
  • SAFTA-toekenning: Beste Ondersteunende Aktrise, vir die film Roepman (2012)

Bronnelys

Verwysings

Tags:

Desiré Gardner Persoonlike leweDesiré Gardner FilmDesiré Gardner TelevisieDesiré Gardner TeaterDesiré Gardner ToekenningsDesiré Gardner BronnelysDesiré Gardner VerwysingsDesiré Gardner15 Desember1985Bethlehem, VrystaatBinnelandersKykNETSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wieg van die MensdomLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKoue OorlogLeah van NiekerkNeologismeDikdermFosforMobutu Sese SekoReg tot ‘n gesonde omgewingFisioterapieWortelInfeksiePlastiekNatuurrampHenry MurraySuiwelprodukOrkney Snork NieAlkoholismeMetamfetamienNasionale VrouemonumentWiskundeErns GrundlingKernkragHelga UysVergelykings (taalkunde)Steenkool in Suid-AfrikaBeroerteLys van Kaapstad se voorstedeMaagsweerDiarreePlae van EgipteSatellietfotoBrongitisLandbou in Suid-AfrikaAngssteuringOrale seksLys van politieke partye in Suid-AfrikaWater (molekuul)EnsiklopedieDonderstormNetbalEreksieJana CilliersOranjerivierSeksuele penetrasieKolonialismeRuan PienaarIntensiewe vormStaatstoelaeDulcie van den BerghAustraliëPad na jou hartPeriodieke tabelKunstenaarKameelSteve BikoPesachLys van lande volgens bevolkingDroomBestuiwingKomplementêre kleureSirkusOntbossingGianna MichaelsSlag van Cuito CuanavaleCleopatra VIISuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeldLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameOnse VaderLys van bekende Suid-AfrikanersKlein-KarooKarlien van JaarsveldHoërskool Outeniqua🡆 More