Die Desember-moorde in Suriname, wat op 8 Desember 1982 plaasgevind het, word beskou as 'n keerpunt in die geskiedenis van Suriname.
'n Derde van die Surinaamse bevolking het hierna na Nederland gevlug en vorm tans 'n belangrike minderheid in die Nederlandse samelewing. Gedurende die Desember-moorde is 15 joernaliste, akademici en arbeidsleiers wat teen die militêre bewind in Suriname gekant was in Paramaribo vermoor. Die militêre bewind het agterna laat blyk dat die oorledenes doodgeskiet is terwyl hulle van die owerhede gevlug het, maar die omstandighede is nie heeltemal duidelik nie.
Die Desember-moorde het tot internasionale protes teen die regering van Dési Bouterse gelei en Nederland, die voormalige koloniale moondheid, het ontwikkelingshulp gestaak. Niemand is ooit voor die hof gedaag oor die moorde nie, selfs nie nadat die militêre diktatorskap beëindig is nie.
Die persone wat in die Desember-moorde omgekom het, is die volgende:
Die persone wat van die moord verdink word sluit in:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Desember-moorde, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.