Derick Jacobs

Derick Jacobs (*31 Desember 1944, Upington -) is ’n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur, onder sy eie naam en verskeie skuilname, onder meer Stefan Radlof, Len Anthony, Rena de Kock, Henriette Fouché, Susan Maree.

Lewe en werk

Derick Jacobs is op 31 Desember 1944 op Upington gebore. Wanneer hy slegs ’n paar maande oud is, verhuis die gesin na Windhoek in Suidwes-Afrika, waar hy sy laerskool- en hoërskoolopleiding voltooi. Na matriek begin hy vir sowat twee jaar werk as verslaggewer en later sportredakteur by ’n koerant. Hierna aanvaar hy ’n pos as nuusskrywer by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). In 1969 word hy deur die tydskrif Ster ’n pos aangebied om voltyds vir die groep se tydskrifte stories te skryf en hy verhuis na Durban. Van sy leermeesters hier is skrywers soos Dewald Brink, Gerrie Radlof, Adriaan Roodt, Basil Stoltz en Johan van der Post. Later sal hy self verskeie aspirant-skrywers bystaan om hulle werk gepubliseer te kry. Hy is getroud met Christene-Ray Knox wat self boeke en verskeie kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte geskryf het. 

Skryfwerk

Reeds op skool is hy deur sy standerd nege-onderwyser aangemoedig om sy skryftalent uit te bou. In hierdie tyd skryf hy dikwels drie tot vier Afrikaanse opstelle en verkoop dan almal, behalwe die beste een, om in sy koeldrank en roomys te voorsien. By die SAUK begin hy speurverhale skryf en agtien kortverhale van hom word afgekeur voordat die tydskrif Ster in 1969 een aanvaar. Nadat hy by Ster begin werk, skryf hy talle kortverhale en vervolgverhale vir tydskrifte soos Die Huisgenoot, Rooi Rose, Sarie en die destydse Radio & TV Dagboek. Sy eerste vervolgverhaal skryf hy onder die naam Henriette Fouché en hierdie verhaal word later gepubliseer as Nabot se wingerd onder die naam Rena de Kock. Onder sy eie naam skryf hy die vervolgverhale Onrus oor Casa Mia vir die tydskrif Pronk en Onrus oor La Boheme vir die tydskrif Ster, wat albei ook later in boekvorm uitgegee word. Die groep het ook die destydse fotoverhale soos Mark Condor, Ruiter in swart, Kaptein Duiwel en Saal 10 gepubliseer en hy raak gou by die skryf van hierdie fotoverhale betrokke. As medeskrywer is hy betrokke by die skryf van twee draaiboeke. Hy is ook medesamesteller van verskeie Siembamba-boeke vir die jeug. As vertaler is hy verantwoordelik vir die vertaling van verskeie boeke vanuit Engels in Afrikaans, waaronder Wen alles verloor alles van Wilbur Smith.

Hy skryf boeke onder sy eie naam (Derick Jacobs) en onder verskeie skuilname soos Len Anthony, Rena de Kock, Henriette Fouché, Susan Maree en Stefan Radlof. As Derick Jacobs skryf hy die reeks speurverhale oor luitenant-kolonel Hannes Marais, speurhoof van Suidwes-Afrika. Hierdie bot, swygsame man is soos ’n bulhond wanneer hy ’n saak ondersoek, hy stop nie totdat die geheim opgelos is nie.

Casa Cuna is in Onrus oor Casa Cuna (1975) die naam van ’n tehuis in Windhoek, wat beteken “huis vir weeskinders”. Hier word ’n moord gepleeg en Hannes Marais se pad kruis met dié van Louis van der Walt, die skrander seuntjie met slaanmerke oor sy hele lyf; Lucas Erwee, die seun van sestien wat oornag ’n man geword het; Rickey Albach, die pragtige meisie wat die vorige jaar tweede geëindig het in die Mej. S.A.-kompetisie; Pieter Lotriet, die knap rugbyspeler en hartebreker; en Donald Scheepers, die man wat lank gelede ’n seun gehad het van wie hy ’n soldaat wou maak en vir wie hy toe moes begrawe.

Onrus oor La Boheme (1975) is weer ’n speurverhaal opgelos deur Hannes Marais. Die hotel La Bohéme is Windhoek se beste hotel, waar die eienaar, Willem Geertsma, gewoonlik slegs skatryk gaste onthaal. Wanneer Hannes Marais ’n moord moet ondersoek, wonder hy onmiddellik oor die swartgeklede, skraal en bitter vrou in een van die suites. Sy sê sommer met hul eerste kennismaking vir hom dat die wiel van die lewe stadig draai, maar dat dit vir Willem Geertsma sal inhaal.

Jy ook, Lize? (1976) is die woorde wat deur iemand se gedagtes geflits het, oomblikke voordat hy sy vuurwapen op ’n meisie gerig en die sneller getrek het. Haar lyk word in ’n droë rivierloop suid van Windhoek gevind op dieselfde oggend wat Windhoek se jaarlikse karnaval begin. Moontlike verdagtes is Rudolf de Jager, die besoeker uit Johannesburg, wat skielik ’n dag voor sy bestemde tyd en skynbaar enkele ure na die meisie se dood vertrek; en Helmut Preller, die sokkerheld wat vir die eerste keer in sy lewe lief geword het vir ’n meisie en wat bitter gemaak is deur haar ontrou. Daar is ’n mate van koelbloedigheid in die wyse waarop Hannes Marais hierdie saak ondersoek, want ook hy het tevore iets verloor wat vir hom die waardevolste besitting van sy lewe was.

In Die geur van vryheid (1983) word ’n moord op ’n Sondagaand in ’n plaashuis buite Mariental gepleeg. Alles begin op die Kalahariplaas Jungfrau, waar Johannes Snyman alleen en met verlange na sy kinders agter gebly het. Daar was vrede en vryheid, totdat dit bedreig is deur die persoon wat die Sondagaand vermoor is. Daar is egter ’n groot aantal verdagtes.

In 'n Gas om middernag (1987) is Roelof nie ’n man wat doelbewus vyande maak nie. Nogtans het hy geen vriende in die Vallei nie. Almal is teen hom vandat hy met Albie, lieflingskind van die Vallei, rusie gemaak het en later vir Petra ook nog die deur wys. Hannes Marais moet probeer uitvind of dit werklik genoeg rede was om hom te vermoor. Dit beteken egter dat hy self vyande maak in die Vallei, want hy krap in baie mense se sake, krap geheime oop wat maar kon gebly het; geheime soos buite-egtelike verhoudings, geldverduistering en moord.

In Nag vanvergelding (1987) word agt mense een stormnag in en om Schloss Freimut vasgekeer, terwyl die negende een dood is. Enigeen van die agt kon die moord gepleeg het. Dit is een van die moeilikste sake wat Hannes Marais nog moes oplos, want telkens wanneer hy iemand verdink, ontdek hy ’n nuwe leidraad wat hom oortuig dat sy verdagte nie die moordenaar kan wees nie.

'n Laksman op loer (1987) is ’n Klub 707 boek. Roelien trek in die losieshuis in Melville in, maar voel onmiddellik aan dat alles nie pluis is nie. ’n Week tevore is ’n meisie selfdood in die kamer waarin sy bly en dieselfde nag kom sy op die lyk van ’n meisie af wat klaarblyklik ook selfdood is. Die ergste is dat sy van moord verdink word. Speurder-sersant Leendert van Wyk is egter deeglik en hy het genoeg bewyse om enigeen van die inwoners van die losieshuis in hegtenis te neem vir moord. Enigeen kan skuldig wees.

Aan jou my beminde (1981) is ’n roman oor die lewe van Beethoven.

Onder die naam Stefan Radlof verskyn Die donker uur (1986), ’n spanningsverhaal in die Klub 707-reeks waarin Ryno de Villiers die hoofkarakter is. Ander verhale onder hierdie naam is uitsluitlik ou-Kaapse avontuurverhale, insluitende ’n Slaaf vir Jacqueline, Mevrou die Goewerneur, Swig voor my swaard en Slavin Jacqueline (1980).

In 'n slaaf vir Jacqueline (1977) land ’n skip van die Hollandsch Oos-Indiesche Compagnie in die Kaap. Die skip is vol slawe en seerowers, wat dan in die kasteel aangekla word en waarvoor die enigste straf die dood is. Onder hulle is een man, José Alberto, wat beweer dat hy nie werklik ’n seerower is nie. maar die kaptein van ’n Spaanse handelskip. Jacqueline, die vurige rooikop uit die Franse adelstand, ’n perdeteler en boervrou, koop hom as ’n slaaf.

In Mevrou die Goewerneur (1978) is baron Hubert von Tilburg en sy vrou, Isabella, per skip op pad na die Kaap die Goeie Hoop. Tydens ’n storm op see val Isabella oorboord en verdrink. Janella Borgward, oppasster van hul twee dogtertjies, Maria en Saskia, het egter gesien wat werklik gebeur het. In die Kaap ontmoet Janella vir Estienne Mansart, waarnemende sekunde.

In Swig voor my swaard (1978) begin die drama reeds op die skip Die Gelderland se reis na die Kaap die Goeie Hoop. Aan boord Die Gelderland is Nicola de Beaumarchais, ’n fraai klein weeshuismeisie, wat as goewernante onderweg is na haar nuwe meester, baron Gustave von Boelare aan die Kaap. Daar is ook ’n Franse hofdame, madame Genevieve Dijon, wie se rede vir haar reis soms twyfel wek. Vlootoffisier Guido Lateur is, sonder dat enigiemand anders dit weet, veronderstel om benewens sy gewone pligte ook ’n wakende ogie oor die pragtige Nicola te hou. Dan is daar die vrag: onder meer twee verseëlde kiste met ’n inhoud wat weldra diepgesetelde gierigheid in die harte van sommige van die passasiers laat ontvlam. Elke nag sluip ’n gemaskerde man oor die dek en deur die ruime van Die Gelderland.

Vir Jacqueline Toussaint in Slavin Jacqueline (1979) was die lewe in die Burger-weeshuis in Amsterdam heeltemal aanvaarbaar, al was sy die dogter van baron Lazare Toussaint. Na haar ouers se dood steek die gepeupel die hele Frankryk aan die brand. Jacqueline en haar lyfeienes Honoré Renault, wat meer soos ’n suster vir haar was,  is toe hier in die weeshuis geplaas. Jacqueline en Honoré word meegedeel dat hulle na die Kaap die Goeie Hoop gaan reis, waar Jacqueline as bruid vir ’n deftige Kaapse edelman uitgegee sal word. Honoré het egter hoër ambisies en haar gierigheid dryf haar. Wanneer die skip waarmee hulle reis deur seerowers aangeval word, oorrompel sy vir Jacqueline en sy ontsnap op ’n sloep saam met ’n aantal vroue en kinders. Hul aanvoerder is Gustave de Villiers, ’n aantreklike jong edelman van die Kaap. Die beseerde Jacqueline word vermom en bereik die Kaap veilig, waar algemeen aanvaar word dat sy Honoré Renault is. Later daag Honoré ook aan die Kaap en sy gee voor dat sy die barones Toussaint is.

Onder die naam Len Anthony verskyn onder andere Skat van die Namib (1976) waar vyf mense onder moeilike omstandighede in die Namib-woestyn beland. Algaande word hulle gestroop van alle maskers en word hulle ware self ontbloot.

Publikasies

Len Anthony

Jaar Titel van publikasie
1972 Onder blink sterre
1973 Blink soos diamante

Skaduwee oor La Bohéme

1975 Blink soos druppels dou

Sending noord na moord

1976 Skat van die Namib

Platform 15

1978 Die sluiper
1979 Huis teen die berghang

Terwyl branders ruis (Len Anthony en Dewald Brink)

Die jagter (Len Anthony en Willie van Rensburg)

Alles net vir Monica (Len Anthony en Dewald Brink)

1980 Soveel blink beloftes (herdruk van Onder blink sterre)

Vrees het ’n weerklank

1981 Die mooiste droom (herdruk van Skaduwee oor La Bohéme)

Die ure agter ons

1983 Ver lê die môre
1988 Nag van die duiwel

Rena de Kock

Jaar Titel van publikasie
1975 Die jongste Raubenheimer
1977 Lisa van die woud
1980 Die banneling (Rena de Kock en Willie van Rensburg)
1982 Vreemdeling uit die see
1983 Oase van geluk
1986 Waters waar rus is

Maar een keer in jou lewe

1987 Vallei van verlange
1994 Die seuns van ouman Raubenheimer
2003 Nabot se wingerd

Henriette Fouché

Jaar Titel van publikasie
1983 Skadu oor ons paradys
1986 Ben de Wet se meisiekind
1994 Reik na die sterre
1995 Skerwe van drome

Tahiti, land van liefde

Derick Jacobs

Jaar Titel van publikasie
1974 Onrus oor Casa Mia
1975 Onrus oor La Bohéme

Onrus oor Casa Cuna

1976 Jy ook, Lize?
1981 Aan jou my beminde
1983 Die geur van vryheid

Wyn: nektar van die gode

1984 Só skryf jy ’n storie

Uur van vergelding

1986 Die klank van geld
1987 ’n Gas om middernag

’n Laksman op loer

Nag van vergelding

Susan Maree

Jaar Titel van publikasie
* Lied van die aandblom
1975 Wanneer die swawels trek

Stefan Radlof

Jaar Titel van publikasie
1977 ’n Slaaf vir Jacqueline
1978 Mevrou die Goewerneur

Swig voor my swaard

1979 Nag van gruwels

Slavin Jacqueline

1980 Die swaardvegter van Versailles
1986 Die donker uur

Vertalings

Jaar Titel van publikasie
* Van Rusland met liefdeIan Fleming
1971 Galgdood teen dagbreek – John Benteen
1978 Dr. No – Ian Flemin
1980 Wie is wie?James Hadley Chase

Wilde honde van die Goudveld – Robert L. Trimnell

1981 Wen alles verloor allesWilbur Smith

Engel: regter en laksman – Frederick H. Christian

In die skadu van die galg – Louis L’Amour

Lêplek van wolwe – John Benteen

1982 So goed as dood – Barry Cord
1984 Die duiwel se moses – Jack Higgins

Die getjank van die wolwe; Een dood skuldig – John Benteen

Die goudswendelaars – Louis L’Amour

Verwysings

Tags:

Derick Jacobs Lewe en werkDerick Jacobs SkryfwerkDerick Jacobs PublikasiesDerick Jacobs VerwysingsDerick Jacobs194431 DesemberAfrikaansSkrywerSusan MareeUpington

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VrymesselaryNatuurlike hulpbronBoelieryAfvalbestuurGrondwetBurgerregteVoedingHartversakingHorlosieUnie van Suid-AfrikaAsiëDikdermGooglePseudowetenskapGeskiedenis van die BoererepubliekeHemelvaartsdagInflasieElon MuskOnse VaderErfenisMalariaKoppeltekenBek-en-klouseerKewerLys van Afrikaanse rolprenteNarsistiese persoonlikheidsteuringLionel PetersonBysteekHefboomMeervoudSpinnekopNederlandBlaarDrie-eenheidNoag se arkAkroniemHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMusieksimboleNederlandsKoue OorlogFinale OplossingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaVoëlRudi ClaaseMediese diagnoseLeeudoringstad-spoorwegrampWynand du ToitHomoniemBelastingDigvormSuiwelprodukWeerfrontLugbesoedelingBank (finansiële instelling)DwelmmiddelPeriodieke tabelDramaNierversakingMisdaadromanMenseregteDemografie van Suid-AfrikaWoordFabelSwawelGeweldNaaldekokerSlag van BloedrivierPenisSwartVolhoubaarheidSeisoenAfrikanersWaatlemoenRamsar-vleilande in Suid-AfrikaOlimpiese SomerspeleGianna Michaels🡆 More