Derek Keir: Medeprofessor van geofisika aan die Universiteit van Southampton

Derek Keir (gebore 1979 Johannesburg, Suid-Afrika) was sedert 2015 'n medeprofessor van geofisika aan die Universiteit van Southampton.

In 2013 het hy die 'Bullerwell Lecture'-toekenning ontvang van die Britse Geofisiesevereniging vir beduidende bydraes tot geofisika.

Derek Keir
Gebore 1979 (44–45 jaar oud)
Johannesburg, Suid-Afrika
Vakgebied Tektoniek en Seismologie
Instelling(s) Universiteit van Leeds
Universiteit van Southampton
Alma mater Imperial College London
Royal Holloway University
Toekennings 'Bullerwell Lecture'-toekenning
Webblad Dr Derek Keir - Univ. of Southampton

Opvoeding en loopbaan

Gedurende 1998-2002 het hy geologie en geofisika aan Imperial College, Londen studeer en 'n MS (eerste klas) behaal. Sy doktersgraad in Tektoniek en Seismologie is aan Royal Holloway University van Londen behaal tussen 2002-2006. Hy het ook tydens hierdie tyd 'n Onderriggenootskap in Geologie aan Royal Holloway behou. Sy proefskrif was oor die aardbewing aktiwiteit van die Oos-Afrika rif.

In 2007 het hy begin werk as 'n navorsingsgenoot van die Natuurlike Omgewingsnavorsingsraad en as 'n Onderriggenoot in Geologie aan die Universiteit van Leeds.

Keir is in 2011 as lektor in aardwetenskap aan die Universiteit van Southampton aangestel en in 2015 as medeprofessor in geofisika.

Derek Keir: Medeprofessor van geofisika aan die Universiteit van Southampton 
Kaart van die Afar Driehoek

Sy belangrikste bydrae tot die wetenskap was om te bepaal hoe kontinente op breek deur die aardbewing en vulkaniese aktiwiteit van die Afar Driehoek in Ethiopië te ontleed. Hy het talle vulkane ondersoek in Ethiopië en Eritrea, insluitend Corbetti, Mount Ayalu, Dabbahu vulkaan in Adwa, Dallol vulkaan, en Nabro vulkaan. Hy het van sy navorsing gedoen in samewerking met Kathryn Whaler en Ian Bastow.

Toekennings

  • 2013 'Bullerwell Lecture'-toekenning - Britse Geofisiesevereniging
  • 2011 Jason Morgan Vroeë-Loopbaan-toekenning - Amerikaanse Geofisieseunie
  • 2007 Die President se toekenning - The Geological Society of London

Verwysings

Tags:

GeofisikaJohannesburgSuid-AfrikaUniversiteit van Southampton

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkademiaFossielbrandstofKlimaatsverandering in AfrikaGeweldAspoestertjieWaterstofChemiese elementKameelperdNetbalFrederik Willem de KlerkLemoenBurgerregteRobbeneilandAfrikanersJavaScriptUniegebouVaste stofVoortrekkermonumentPropagandaSarel Jacob PretoriusSoutsuurIndustriële RevolusieDieregeluideSuurstofPinksterAfrikaanse TaalmonumentLabia (geslagsdele)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGrondsoorteBynierRumatiekAntisemitismeStrykysterSteenkool in Suid-AfrikaWes-KaapKaapstadVlekvrye staalBywoordOnderhandelinge om apartheid te beëindigLeeuNag van die lang messeSelfstandige naamwoordAfrikaanse taalleerBeesvleisEufemismeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SeisoenMaselsLSimboolKoolhidraatGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaRefentse MorakeAlkoholismeVennootskapKoorsGewone breukeLys van Suid-Afrikaanse musikanteByvoeglike naamwoordDuitslandIngenieursweseLandbou in Suid-AfrikaAfkortingPornografiese akteurJazzSowjetunieDeelteken en umlautPoësieKrokodilNedersettingOorstromingKoerantGrondbewerkingLuiperdEngelsSoogdier🡆 More