Dennis Brutus

Dennis Brutus (1924–2009) was 'n Suid-Afrikaanse digter en aktivis.

Hy was ’n leidende figuur in die internasionale sportboikot teen Suid-Afrika in die tyd van apartheid. Sy digbundels sluit in Sirens Knuckles and Boots, Stubborn Hope en Still the Sirens. Hy het ook die pseudoniem John Bruin gebruik.

Dennis Brutus
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboorte 24 November 1924
Salisbury, Zimbabwe
Sterfte 26 Desember 2009
Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep Dosent
Bekend vir Sportboikot teen RSA

Lewensloop

Dennis Brutus is op 24 November 1924 in Salisbury (tans Harare) in Zimbabwe gebore. Sy ouers was Suid-Afrikaners en hy het in Port Elizabeth grootgeword. Hy studeer Engels en pedagogiek aan die Universiteit van die Witwatersrand en was van 1947 tot 1961 onderwyser in Afrikaans en Engels in Port Elizabeth en vervolgens lektor aan die Universiteit van Fort Hare.

Omdat hy hom teen apartheid verset het en die voorsitter van die organisasie was wat gemengde Suid-Afrikaanse deelname aan die Olimpiese Spele gepropageer het, is hy verbied om klas te gee en te publiseer. In 1963 moes hy die land uit vlug. Hy is egter in Mosambiek in hegtenis geneem en aan Suid-Afrika uitgelewer, waar hy tot 18 maande dwangarbeid op Robbeneiland gevonnis is.

In 1966 kon hy na die Verenigde Koninkryk emigreer en later na die Verenigde State van Amerika. Brutus het die grootste deel van sy volwasse lewe as 'n dosent in die VSA gewerk, waar hy as professor emeritusvan die Universiteit van Pittsburgh uitgetree het.

Brutus is op 26 Desember 2009 in Kaapstad oorlede. Hy was 85 jaar oud.

Werke

Dennis Brutus 
Dennis Brutus in 1967.
  • Sirens Knuckles and Boots (1963)
  • Letters to Martha and Other Poems from a South African Prison (1968)
  • Poems from Algiers (1970)
  • A Simple Lust (1973)
  • China Poems (1975)
  • Stubborn Hope (1978)
  • Salutes and Censures (1982)
  • Airs & Tributes (1989)
  • Still the Sirens (1993)
  • Remembering Soweto (2004)
  • Leafdrift (2005)
  • Poetry and Protest: A Dennis Brutus Reader (2006)

Sien ook

Verwysings

Tags:

Dennis Brutus LewensloopDennis Brutus WerkeDennis Brutus Sien ookDennis Brutus VerwysingsDennis BrutusApartheidDigterPseudoniemSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

1913StaalToestand van materieTydToringHartseerKlimaatsverandering in AfrikaMisdaadVoedselkettingBelastingLuiperdWaterpokkiesWapen van Suid-AfrikaMaatskappyWisselkoersKappie (skryfteken)HortologieVoorsetselTatoeëermerkKrieketLeestekenWaarheid-en-versoeningskommissieKoolhidraatCheslin KolbeGasVaginale kankerSan Andreas-breukGeestesteuringKewerFinale OplossingMiljardSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSonkragKoppeltekenYsterYstertydperkBosluisbytkoorsWaterbesoedelingAfkortingDriedimensioneelCovid-19-pandemieWaterkringloopTierSendelingposisieErfenisWeervoorspellingTamatieMierJeanette FerreiraStikstofKartografieAgtervoegselEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaDwelmmiddelDuitslandHeuningbyCounter-Strike 2Sharpeville-slagtingMartin Luther King jr.OopbroninhoudAnale seksNederlandRomanMangelontstekingSuikersiekteDemokratiese AlliansieEkonomiese sektorAppel (sanger)HondeklipbaaiTropiese sikloon🡆 More