Denis Sjmihal: Oekraïense politikus

Denis Anatolijowitsj Sjmihal (Oekraïens: Денис Анатолійович Шмигаль; gebore 15 Oktober 1975) is 'n Oekraïense sakeman en politikus wat sedert 4 Maart 2020 as die Eerste minister van die Oekraïne dien.

Voor sy aanstelling as Eerste minister, het hy as Goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast en as 'n waarnemende vise-minister in die Hontsjaruk-regering gedien.

Denis Sjmihal
Denis Sjmihal
Sjmihal in 2023

18de Eerste minister van Oekraïne
Ampsbekleër
Termynaanvang
4 Maart 2020
President Wolodimir Zelenski
Voorafgegaan deur Oleksij Hontsjaruk

Minister van Streeksontwikkeling, Konstruksie en Behuising
Ampstermyn
4 Februarie 2020 – 4 Maart 2020
President Wolodimir Zelenski
Eerste minister Oleksij Hontsjaruk
Voorafgegaan deur Aljona Babak
Opgevolg deur Oleksij Chernyshov

Goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast
Ampstermyn
1 Augustus 2019 – 5 Februarie 2020
Voorafgegaan deur Oleg Hontsjaruk
Opgevolg deur Vitaly Fedorov (waarnemend)

Persoonlike besonderhede
Gebore Denis Anatolijowitsj Sjmihal
15 Oktober 1975 (1975-10-15) (48 jaar oud)
Lwif, Sowjetunie
Politieke party Onafhanklik
Eggenoot/-note Kateryna Sjmihal
Kind(ers) 2
Alma mater Lwif-politegnikum

Sedert sy aanwysing as eerste minister was Sjmihal in beheer van die regering se hantering van die Covid-19-pandemie in die Oekraïne en die voer van die oorlog met Rusland.

Biografie

Sjmihal is in 1975 in Lwif in die weste van Oekraïne toe die land nog deel was van die Sowjetunie, gebore. Hy het in 1997 'n graad in ekonomie aan die Lwif Politegniese Nasionale Universiteit verwerf voordat hy in 2003 'n doktorsgraad in ekonomie van die universiteit ontvang het.

Hy het as 'n rekenmeester vir verskeie maatskappye tussen 1997 en 2005 gewerk. Sjmihal was ddjunk-hoofdirekteur van 'n maatskappy genaamd "LA DIS" tussen September 2005 en Junie 2006. Van Junie 2006 tot Augustus 2008 was hy die direkteur vir die beleggingsmaatskappy "Comfort-Invest". Sjmihal was toe hoofdirekteur van 'n maatskappy genaamd "ROSANINVEST LLC" tussen September 2008 en September 2009.

Van 2009 tot Desember 2013 het Sjmihal senior ampte in die Lwif-oblast beklee. Hy was 'n onsuksesvolle onafhanklike kandidaat vir die Oekraïense parlement in die 2014 parlementêre verkiesing. Hy was toe die jaar daarna 'n onsuksesvolle kandidaat vir die Lwif-oblast-raad.

Sjmihal is op 1 Augustus 2019 as die goewerneur van die Iwano-Frankifsk-oblast aangewys. Hy is toe op 4 Februarie 2020 as die minister van streeksontwikkeling aangestel. Sjmihal is toe presies 'n maand later deur president Wolodimir Zelenski as die eerste minister van Oekraïne aangewys.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Iwano-Frankifsk-oblastOekraïensOekraïne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Intensiewe vormVersoeningsdagVergelykings (taalkunde)VolstruisWapen van Suid-AfrikaWinnie Madikizela-MandelaNierversakingLetterkunde1913Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaSuurstofBrandmondsindroomTweede VryheidsoorlogRob HersovGeelhoutMaatskappyAlkoholismeKasterolieInfeksieBeleggingHartversakingHoenderVervoerOnomatopeeNasionale PartyEkologieLuiperdHokkieWaarheid-en-versoeningskommissieGeskiedenis van AfrikaansMierUitwerking van klimaatsveranderingVoedselkettingSelLys van chemiese elemente volgens atoomgetalOmtrek, oppervlakte en volumeVryheidsmanifesLys van Afrikaanse skrywersWhatsAppNatuurrampMiltSuiwelprodukKoppeltekenNatuurSuid-Afrikaanse GrensoorlogRymLys van Afrikaanse rolprenteGeestesteuringAnrich HerbstDeelwoordWinterDansGalileo GalileiBateDoelwitDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Lys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierLabia (geslagsdele)WikipediaKunsEreksieVaginale kankerDroomKatoenWerkloosheidSeksuele penetrasieMenseregtedagRooibokLeeudoringstad-spoorwegrampLimfvatstelselHibernasieNedersettingGianna Michaels🡆 More