Delia Ann Derbyshire (* 5 Mei 1937; † 3 Julie 2001) was 'n Engelse baanbreker-musikant en -komponis van elektroniese musiek en musique concrète.
Sy word veral onthou vir haar meesterstuk, 'n bewerking van Ron Grainer se titelmusiek vir die Britse wetenskapsfiksie-televisiereeks Doctor Who, en haar baanbrekerswerk vir die Britse uitsaaikorporasie BBC se Radiophonic Workshop.
Delia Derbyshire | |
---|---|
Geboortenaam | Delia Ann Derbyshire |
Gebore | 5 Mei 1937 Coventry, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Sterf | 3 Julie 2001 (op 64) Northampton, Engeland |
Genres | Elektroniese musiek, musique concrète |
Beroep(e) | Musikus Komponis |
Jare aktief | 1959–2001 |
Assosiasies | White Noise, Unit Delta Plus |
Webwerf | delia-derbyshire.org |
Delia Derbyshire se unieke klankwêreld is na bewering in 1940 beïnvloed deur die tonele en die geraas van Duitse lugaanvalle op haar geboortestad Coventry, die Coventry Blitz. Veral die klank van sirenes het 'n blywende indruk op haar gelaat. Sy het tydens haar akademiese opleiding by die Universiteit van Cambridge se Girton-kollege uitgeblink in wiskunde en musiek en later, terwyl sy vir die BBC se radiofoniese werkswinkel werksaam was, 'n groot bydrae gelewer vir die bevordering van elektroniese musiek. Haar musikale werk oefen steeds invloed uit op leidende elektroniese musiekkunstenaars.
Media
Oudiologiese chronologie
Wikidelia
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Delia Derbyshire, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.