Delareyville

Delareyville is 'n klein dorp in die suide van die Noordwesprovinsie, Suid-Afrika.

Die dorp is in 1914 gestig en is genoem na Koos de la Rey. Die N14 nasionale pad gaan deur Delareyville.

Delareyville
Delareyville is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Delareyville
Delareyville
Delareyville Delareyville se ligging in Noordwes
Koördinate: 27°11′0″S 25°20′0″O / 27.18333°S 25.33333°O / -27.18333; 25.33333 25°20′0″O / 27.18333°S 25.33333°O / -27.18333; 25.33333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikNgaka Modiri Molema
MunisipaliteitTswaing
Stigting1914
Regering
 • Genoem naKoos de la Rey
Oppervlak
 • Totaal36,53 km2 (14,10 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal10 630
 • Digtheid291/km2 (750/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.3%
 • Indiërs/Asiërs0.8%
 • Bruin mense2.0%
 • Swart mense88.2%
 • Ander0.7%
Taal (2011)
 • Tswana 77.7%
 • Afrikaans 10.3%
 • Engels 5.1%
 • Sotho 2.3%
 • Ander 4.6%
Poskode (strate)
2770
Poskode (posbusse)
2770
Skakelkode053

Geskiedenis

Die dorp het sy ontstaan te dan dankie aan die stigting van die NH of G Gemeente Delareyville in 1912. Die dorp is omring deur soutpanne en die mense van die omgewing is dan ook spottenderwyse “Soutpote” genoem.

Deur bemiddeling van die kerkraad is die destydse minister van lande genader om ’n kerkplaas te verkry. Veldkornet A. P. Visser sr. het ’n leidende rol hierin gespeel en is die dorpsgebied Salt Waters geproklameer, maar deur vertoë van die kerkraad is die naam verander na Delareyville, ter ere van genl. Koos de la Rey. In 1920 het die Administrateur ’n gesondheidskomitee van agt lede saamgestel met N. J. Grobler as voorsitter en vervolgens Max Michaels, deur wie se bemiddeling verlenging van die spoorlyn tussen Coligny en Pudimoe ’n swaai maak om so na moontlik aan die soutpanne verby te gaan. Vervoermiddels was stadig en markte ver; twee emmer aartappels wat van Johannesburg aangestuur is, moes byvoorbeeld met kar en osse op Klerksdorp afgehaal word.

Die koms van die trein het die groei van die dorp bevorder. Reeds in 1916 is ’n tak van die N.W. Ko-op. geopen met Alwyn van Heerden as eerste bestuurder. Die personeel het in die volgende vier dekades aangegroei tot nege voltydse amptenare en teen 1956 is honderdduisende sakke mielies, sorghum, sonneblomme en grondboontjies gehanteer, en is boerdery in die distrik totaal gemeganiseer. In 1946 is die gesondheidskomitee vervang deur ’n dorpsraad met J. G. Ackhurst as die eerste burgemeester.

Distrik

Die distrik van 3 900 km2 is geskik vir mielies, grondbone en sorghum. Bees- en skaapboerdery is ook belangrik. Daar is groot graansilo's in die omgewing en 'n fabriek op die dorp wat grondbone sorteer en verpak. Barberspan is 20 km oos van die dorp.

Sien ook

Bronne

Verwysings

Tags:

Delareyville GeskiedenisDelareyville DistrikDelareyville Sien ookDelareyville BronneDelareyville VerwysingsDelareyville1914DorpKoos de la ReyN14 (Suid-Afrika)NoordwesSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AardverwarmingKameelperdEekhoringGalblaasHartversakingRussiese inval in Oekraïne sedert 2022PankreasGodNasiebouProstaatkankerEierleierRugbywêreldbeker 1987Europese UnieSuid-Afrikaanse InkomstediensGriekelandNatuurlike satelliete van kleinplaneteVoedingVerkoueZack du PlessisSlag van Cuito CuanavaleSleurkragInsekTurksvyNarsismeFridtjof NansenPG du PlessisAleksei NawalniVerkleurmannetjieKappie (skryfteken)Koos du PlessisEngelsBatmanVolksrepubliek ChinaVleesbaaiGeorgiëNaeltjiesVrouNiersteenByOutismeOsoonlaagGeorgiese nasionale rugbyspanGeografie van Suid-AfrikaHomofoonSeksuele stimulasieEkonomie van Suid-AfrikaLetterkundeDulcie van den BerghPsigopatieSterrestelselSemenAsynMondSkarlakenkoorsAnette EngelbrechtGoudBreinDie Stem van Suid-AfrikaVlag van LibanonNuwe TestamentModernismeParysDemi Lee MooreSuider-AfrikaBoeberDanie du ToitE-regeringLionel MessiKnopiespinnekopSamestellende afleidingAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAlfabetJaco du PlessisAswoensdag🡆 More